8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 23 APRIL 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE Koerant met hart The paper with heart I DIE Stars of Sandstone-erfenisfees is van 12 tot 21 April op die Sandstone Estate naby Ficksburg aangebied. Dié fees stal ou karre, treine, trekkers, vliegtuie en ander oudhede uit wat aan Wilfred Mole, die eienaar van Sandstone Estate, behoort. Hierdie Beyer-Garratt-trein is in 1937 in Manchester gebou. Dié landgoed huisves sy eie treinspoor van 25,6 km. Foto: Nico Gous Oud, maar nog lank nie koud

Malutima 20140423

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140423

Citation preview

Page 1: Malutima 20140423

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 23 APRIL 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE

Koerant met hart The paper with heartI

DIE Stars of Sandstone­erfenisfees is van 12 tot 21 April op die Sandstone Estate naby Ficksburg aangebied. Dié fees stal ou karre, treine, trekkers, vliegtuie en ander oudhede uit wataan Wilfred Mole, die eienaar van Sandstone Estate, behoort. Hierdie Beyer­Garratt­trein is in 1937 in Manchester gebou. Dié landgoed huisves sy eie treinspoor van 25,6 km.

Foto: Nico Gous

Oud, maar nog lank nie koud

Page 2: Malutima 20140423

2 MALUTI, WOENSDAG 23 APRIL 2014

HET jy ’n spesialetalent? Die Volks-blad-groep segewilde jaarliksesangkompetisie,Spontaan, trekvanjaar ’n nuwebaadjie aan. Inwo-ners van Kroonstadkan nou wys diedorp skitter nie netmet sangers nie,maar ook met mensemet ander talente.Die Spontaan-kompetisie is

van vanjaar af nie meer net ’nsangkompetisie nie, maar ’nalgemene talentkompetisie.Enigiemand wat ’n besonderse

talent het, kan dus deelneem. Jymoet net 16 jaar of ouer wees.Deelnemers moet alles wat

hulle vir die optrede nodig het,

self verskaf.Om jou in te skryf

is gratis. Die datumen plek van dieoudisies en die prysewat vanjaar op diespel is, sal binnekortaangekondig word.Die beoordelaars

behou die reg voorom nie ’n streekwen-ner te kies as daarnie ’n geskiktekandidaat is nie.

Indien jy as streekwenneraangewys word, moet jy opSaterdag 19 Julie vir die eindron-de in die Blêrkas op die Vryfeesop die Universiteit van dieVrystaat se kampus in Bloemfon-tein wees. As jy nie van Bloem-fontein is nie, moet jy jou eievervoer en verblyf reël.

Spontaan meer as sing

Foto ter illustrasie.Foto: freeimages.com

Nico Gous

“BETHLEHEM se gemeenskap is ongeloof-lik vrygewig,” het Leandra de Coning,bestuurder van Salileni-dagsorgsentrum,Donderdag gesê.Dié sentrum het ’n bedankingsdag op sy

terrein op die hoek van Wes- en Wessels-straat gehou om skenkers vir hul bydraes tebedank. Op die dag self is oor die R1 500ingesamel.“Die Here is in almal se harte,” sê De

Coning.Dié dagsorgsentrum is deel van Engo-

jeugsorgsentrums en bedien die Dihlabeng-gebied. Daagliks kom 26 lede van 08:00 tot13:00 na die sentrum waar hulle lewens-vaardighede aanleer.“Ons leer hulle onder meer hoe om

naaldwerk, houtwerk en kunswerk te doen,”sê De Coning.Die jongste lid is 18, terwyl die oudste 76

is. Die sentrum het twee personeellede entwee vrywillgers en is afhanklik van sken-kings om die boeke te laat klop.“Skenkers is regtig betrokke en staan pa

vir Salileni,” sê De Coning.

Dagsorgsentrum slaan munt uit muntlegging

LEDE van die Salileni­dagsorgsentrum tel die geld wat Donderdagingesamel is.

DIE personeellede en vrywilligers van Salileni. Van links is Elsabe van Tonder (vrywilliger), Bettie Ollermann (projekbe­stuurder), Oubaas de Coning (vrywilliger) en Leandra de Coning (bestuurder).

DIE bord wat die lede gemaak het om skenkers vir hul bydraes te bedank. Foto’s: Nico Gous

Page 3: Malutima 20140423

MALUTI, WOENSDAG 23 APRIL 2014 3

Ramage ’n omgee-mensLynda Greyling

JOHANN RAMAGE isbekend in Kestell as dieeienaar van die Retief-boekwinkel.Wat baie mense egter

nie weet nie, is hoebetrokke hy by liefdadigheidis en van al die eerbewysewat hy oor die jare heenontvang het.

Jy samel al jare vir dieeen of ander liefdadig-heidsinstansie geld in.Waar het dit alles begin?My moeder, Rita, het ons

Retief-boekwinkel op 9Januarie 1939 in Kestellbegin en dit na die Hoër-skool Retief genoem.Sy het gesien die skool

het nie ’n saal nie engebruik die stadsaal virgesellighede. Sy het toegeld vir ’n skoolsaal begininsamel.Eindelik het die onder-

wysdepartement dit raakge-sien en die helfte van diegeld bygedra. Die saal istoe gebou.Ons was 30 jaar by

Kansa betrokke. Later wasdit net ek.Ek en John Hall van

Kansa het poppeteater bylaerskole begin aanbiedom kinders oor kanker in telig.Die Brandwagfonds en

die Griewefonds vir diepolisie het ook geld gekryal was daar die PortugeseAngola-soldate op ons

grense wat 15 jaar gereeldgeld gekry het.Die Suiderkruis het my

genader en 15 jaar het onsgeld vir ons eie mans opdie grens ingesamel.Ons samel nou die 16de

jaar geld vir die Volksblad-Kersfonds in.

Het jy al eerbewyse virjou betrokkenheid byliefdadigheid gekry?Ja, maar ’n mens werk

natuurlik nie daarvoor nie.Die instansies sien ditraak en gee erkenningaan jou.Ek het ’n silwermedalje

van C.R. Swart, die eerstenie-uitvoerende staatspresi-dent van Suid-Afrika,ontvang.Kansa het vir my en my

moeder die Silwer-eerbe-wys gegee vir ons hulp metouetehuise wat na Kansa-pasiënte omsien. Ek het

ook die goue penning vanKansa ontvang.Die kommandolede het ’n

houtmuurhorlosie aan myoorhandig.Ek was nooit op die

grens of in die weermagnie, maar het die voorreggehad om saam methulle die landsgrensete besoek.Elizabeth Alberts het die

Suiderkruis aan my oorhan-dig.Destyds was daar slegs

25 lidmate in die Metodiste-kerk en hulle wou nie ’nkerk bou nie, so toe hetons gehelp.Ek was en is steeds in

die NG kerk, maar hulleonthou dit tot vandag toe.Hul predikant besoek mynog elke Maandag om teverneem hoe dit gaan.Hul gebede beteken so

baie, veral wanneer ekalleen is.

JOHANN RAMAGE saam met Johanna van Eeden, redakteurvan Volksblad. Foto: Siska Martin

’n PAAR van Rita Ramage van Kestell se skoenversameling in die Retief­boekwinkel. Vandie skoene is meer as 100 jaar oud. Foto: Johann Ramage

Skoene hou vrou by haar leesLynda Greyling

Van die skoene in dieRetief-boekwinkel inKestell is meer as 100jaar oud.Rita Ramage was net

twee jaar oud toe dieversamelgogga haar gebythet. Haar pa, Isak, het virhaar geel porseleinskoen-

tjies met diakenlekkertjiesdaarin gegee en vir haarbroer ’n blou paar. Haarbroer was egter net agterdie lekkers aan en geetoe vir haar die blouskoentjies.Rita se seun, Johann,

versamel vandag nog dieskoene.“Hier is van die mooi-

ste, interessantste skoene.Party is van ou skeeps-hout uit Spanje gemaak.Ander is weer van seepen kerswas gemaak.Elkeen het sy eie verhaaloor waar hulle vandaankom,” sê Johann.Besoek die Retief-boek-

winkel by Rensburgstraat69 in Kestell.

Page 4: Malutima 20140423

4 MALUTI, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Dienslewering bly ’nturksvy vir inwonersMALE sonder tal ontvangdie koerant sulke oproepe:“Ek wil met die redakteurpraat. Ek kan die rioolge-mors nie meer hanteer nie.”

Of die rommel wat nieverwyder is nie, die straat-ligte wat nie brand nie, dieoproepe wat nie beantwoordword nie . . . noem maar op.

Om nie eens te praat vandie krane wat opdroog endie kragtoevoer wat ontkop-pel is nie.

Die meeste van dieinbellers het een ding ingemeen: radeloosheid,moedeloosheid. Hulle ervaarfrustrasie en magteloosheid.

Interessant is swakdienslewering is oor diealgemeen hoegenaamd niediskriminerend nie; jouinkomste, bevolkingsgroep,adres of ouderdom speelnie ’n rol nie. Jy het niks injou guns wat jou teen swakdienslewering beskerm nie(hoewel dit natuurlik help asjy genoeg geld het om dienodige dienste teen betalingdeur iemand anders as diemunisipaliteit te laat verrig).

So graag soos diekoerant wil help, is diestortvloed klagtes watontvang word, net te veel.

Wanneer dit egter werklikgroot krisisse is, kan diekoerant probeer ingryp – envoorheen was daardiemedia-navraag net watnodig was om die verant-woordelike partye wakker teskud en die probleemopgelos te kry.Maluti wil lesers vandag

versoek om eers net self teprobeer om die regte mensein die hande te kry en dieprobleem self op te los.Maar as jy byvoorbeeld ’ndag lank gesukkel het engeen vordering gemaak hetnie, laat weet Maluti van dieprobleem en verskaf al dienodige besonderhede. ’nSMS of e-pos kan ookwerk, want soms is dit

moeilik om tussendeur dieander nuusinsameling langgesprekke oor dienslewe-ringsprobleme te voer.

Die koerant kan skriftelikenavrae aan die munisipaliteiten ook die betrokke wyks-raadslede stuur. Ons kandan op ons manier verderprobeer vuurmaak om dieprobleem te help oplos.

Ongelukkig kan diekoerant nie meer as ditdoen nie. Die koerant kannie 24 uur per dag die rolvan wyksraadslede probeervertolk nie.

Die koerant is die wag-hond van die gemeenskap,en ons sal alles moontlikdoen om te help waar onskan – natuurlik binne diebeperkings wat ons hetwat hulpbronne en tydbetref.

Vir lesers se gerief, hieris die telefoonnommer waardiensleweringsproblemeaangemeld kan word.

Kontak die Dihlabeng-mu-nisipaliteit by 058-303-5732.Of besoek hom by Muller-straat 9, Bethlehem.

En toe word ek 50 . . .Elsona Steyn

TOE ek 16 was, het ekgedink my ma is stokoud.

Nou kyk ek op 50 namyself in die spieël en voelperdfris, maar ek is seker ’nkraai het gisteraand oor mygesig geloop en fyn spoor-tjies agtergelaat.

Hoekom is dit so drama-ties en soms selfs trauma-ties om ouer te word?

Daar is iets aan dieskoonheid van die jeug watons almal wil behou.Swaartekrag is ’n vrou segrootste vyand. Daar is dieselluliet wat geen pil of roommeer kan wegtoor nie. DieKoningin van Ewige Jeughet haar troepe se tassiesgepak en laat my met diegebakte pere – of is ditgeplooide pere?

Daar is die vlekke van urese kuier in die Upington-sonen die eerste grys haar watjy met kleur uit ’n boksieprobeer wegtoor, maar watkeer op keer sy onwelkomeverskyning maak. Trappe-klim laat jou kort-asem enom net ver te kyk maak joumoeg. Jy soek die Huisge-noot net om dit dae latersaam met die kaas in dieyskas te vind.

Jy en die apteker noemmekaar op die voornaam endie oogarts tel onder vanjou beste vriende. Jyvergeet dikwels waar jy joubril gebêre het en vind ditdan op jou kop.

Die gym-kontrak lyk goeden jy sluit aan net vir diegratis handdoek wat op diespel is.

My eerste oefensessiewas maklik . . . net om lateruit te vind dit is omdat ekalles verkeerd gedoen het.

Die vroulike instrukteurwat betaal word om my diefynere kunsies van trek enstoot, spring en klim te leerhet in haar beleefdekorporaal-stem beveel:“Tummy tight, and in, andout, in and out.”

Ek het my asem, baiesweet en ’n gedeelte vanmy trots verloor, maar ekhet oorleef. Mense bewon-der nou jou persoonlikheiden kyk verby die figuurfoutewat jy nie meer kan ver-bloem nie.

Oudword het gelukkig ooksy voordele. Almal loopdieselfde pad. Jy wordrustiger, wyser, vergewemakliker en kyk met ’ngoed-geoefende oog na dielewe.

Die helfte van jou kruide-niersware dui aan “ekstravesel”; jy spaar op drank,want jy het vanself die-dag-daarna-gevoel. Jou kindersstudeer of werk al en jy sienuit na die dag dat jy op die

titel van ouma kan aan-spraak maak.

Op 50 het daar so ’nbevryding oor my gekom –ek voel gemaklik met my lyfen my omstandighede.

Oudword beteken nienoodwendig oudwees nie.

Op 50 verdien ek:) goeie koffie;) dubbellaag-toiletpapier;) DStv;) goeie leerskoene;) duur parfuum;) rooifluweelkoek vir ontbyt;) ’n ekstra paar rand in diebank om op myself tebestee;) ’n wegbreek-naweeksaam met my man sonderom skuldig te voel omdatdie kinders by die huis moetbly; en) skaapvelpantoffels waarinek my wintersvoete kantroetel.

Op 50 is ek te oud vir:) ’n besoek van dieooievaar;) bloese in kleure wat indie 80’s hoogmode was;) die tekkies waarin ek inmy matriekjaar netbalgespeel het, veral met diepaar dienlike kerkkouse indieselfde kleur; en) Die Leeuloop (maar nie teoud vir die Kalfiewals nie).

LESERSJOERNALIS ElsonaSteyn het in Upington groot­geword, maar woon die afge­lope 22 jaar in Kimberley. Syis ’n ma van twee. Foto: Verskaf

Ds. Manie Colyn

2 KORINTIËRS 6:1 tot 7:Op die regte tyd het Ek jougebede verhoor, en op diedag van redding het Ek jougehelp. Kyk, nou is dit dieregte tyd, nou is dit die dagvan redding.

Daar is oomblikke in ’nmens se lewe dat jybesluite moet neem wat joulewe sal verander. Jesushet op ’n dag twee mensegenooi om hulle by sy spanaan te sluit, maar elkeenhet ’n rede gehad om dit uitte stel. Die een moes ’nbegrafnis bywoon en dieander een wou eers huistoe gaan om sy besluit metsy gesin te deel. Ons hoornooit weer enigiets vanhulle nie.

Matteus maak ’n opmer-king: Toe Jesus in die skuitklim, het sy dissipels Homgevolg. Die ander twee hetdie boot gemis.

Jy sal nooit suksesvolwees as jy heeltyd takeuitstel nie. As jy te lankneem om ’n besluit te neemgaan die geleentheid dalkby jou verby.

Een van die bestevoorbeelde van die gevaarvan die uitstel van ’n besluitis die verhaal van diepatentering van die telefoon.In die 1870′s het twee mansafsonderlik daaraan gewerkom telegrafie, die tegnologievan die tyd, te verbeter.Albei het die idee gehad omklank deur ’n kabel oor tedra. Albei – AlexanderGraham Bell en Elisha Gray– het hul idee op dieselfdedag, 14 Februarie 1876, by

die patentekantoor ingedien.Bell het daardie dag sy ideevir ’n patent ingedien. Grayhet besig geraak met ietsanders en sy prokureurgestuur om die belangriketaak te verrig. Ongelukkighet die prokureur eers meeras ’n uur ná Bell opgedaagom aansoek te doen.

Daardie paar minute hetGray duur te staan gekom.Bell se aansoek is in diehof goedgekeur, hoewelGray beweer het hy heteerste die idee gehad.

Dit is nie goed genoegom net die geleenthederaak te sien wat God vir jougee nie; jy moet hullebenut. Met ander woorde:Moenie die boot mis nie.

Die duurste aarseling isom later, en dalk te laat,oor ’n mens se ewige

bestemming seker te maak.Dié belangrike taak kan

niemand anders vir onsverrig nie. Dit is ’n persoon-like saak en dus ’n per-soonlike verantwoordelik-heid.

Die Here se woord spoorons aan: Kom nou en laatons die saak uitmaak, sêdie Here, al was jullesondes soos skarlaken, ditsal wit word soos sneeu; alwas dit rooi soos purper, ditsal word soos wol. –Jes.1:18 (ou vertaling).

Jakobus waarsku ons ookin sy brief, Jakobus 4:13:Kom nou, julle wat sê‘Vandag of môre . . .’ Jullewat nie eens weet hoe jullelewe môre sal wees nie.Julle is maar ’n damp wat’n oomblik verskyn en dansommer weer verdwyn.

Bid sommer nou, net daarwaar jy is: “Here Jesus, redmy vir ewig, asseblief.

“Here, vandag handel ekop u Woord.”) Lees meer op www.krag-virvandag.co.za.

FOTO ter illustrasie. Foto: freeimages.com

Geesgenoot

deur

Lynda Greyling

Maak seker van jou bestemming

Page 5: Malutima 20140423

MALUTI, WOENSDAG 23 APRIL 2014 5

VIR Johann en Juliet Smit is ’n droombewaarheid – hul eie onderneming.

Hul onderneming, die Beyonders DrivingAcademy of South Africa, het Dinsdaggeopen.

Die Beyonders Driving Academy of SouthAfrica is ’n groep met die drie takke. Dieander takke is in Vryheid en Carltonville.

Die onderneming wat in die Peddies-ge-bou oorkant die biblioteek en brandweer inOxfordstraat 30 geleë is, is nie ’n gewonebestuurskool nie.

Hier is ’n lesinglokaal ingerig waarindiegene wat hul rybewyse wil bekom, ophul gemak en in hul eie tyd lesse kombywoon. Om ’n rybewys te bekom word tienklasse aangebied,

Die Smitte het ’n nuwe motor waarmeeles gegee gaan word om ’n kode 8-rybewyste bekom.

Die onderneming het ook ’n ligte vragmo-tor waarmee bestuurslesse gegee gaanword om ’n kode 10-rybewys te bekom.

Die ondernemings beskik oor die dienstevan twee ry-instrukteurs van wie Johanneen is.

“Dit was nie ’n oornagbesluit nie. Onsbeplan lankal om ons eie onderneming teopen en is baie opgewonde oor die geleent-heid om ’n bestuurskool te hê,” sê dieSmitte.

Bestuurskool droom wat waar word

DIE eienaars en personeellede van die Beyonders Driving Academy ofSouth Africa buite hul kantoor by Oxfordstraat 30, Bethlehem. Van linksis Johann Smit (eienaar), Juliet Smit (eienaar), Agnes Mabuya (instruk­teur) en Julius Pieterson (instrukteur). Foto’s: Nico Gous

WELKOM in die klaskamer. Van links is Agnes Mabuya (instrukteur),Julius Pieterson (instrukteur), Johann Smit (eienaar) en Juliet Smit (eie­naar).

AAN die Beyonders Driving Academy of SouthAfrica kan jy ook jou kode 10­rybewys bekom.Van links is Johann Smit (eienaar) en JuliusPieterson (instrukteur).

DIE nuwe tak van die Beyonders Driving Academy of South Africa inBethlehem is deel die groep wat gebou is met meer as 32 jaar se erva­ring. Van links is die takeienaars Gerry Courvaras, Marius Smith, DorronWilsnagh en Johann Smit.

Page 6: Malutima 20140423

6 MALUTI, WOENSDAG 23 APRIL 2014

TE KOOP

KLERASIE

1615

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

FOR ALL TOMB-STONES and repairs todamaged tombstones, aswell as epitaphs, etc.Phone 058 303 4840. BHM.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

2-slaapkamer-woonstel,1 badkamer en motoraf-dak. R3 850 per maand.Skakel: 082 773 8712.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 7: Malutima 20140423

MALUTI, WOENSDAG 23 APRIL 2014 7

DIE bekroonde Ocean Basket-restaurant inBethlehem se goeie naam en gehalte islandwyd bekend. Ocean Basket was dieafgelope tien jaar van sy bestaan inBethlehem telkens onder die topdrie onderdie meer as 170 Ocean Basket-takke inonder meer Suid-Afrika, Ciprus, Doebai,Mauritius, Nigerië (twee takke), Swazilanden Maseru en selfs die beste restaurant.Waaraan skryf Colin Brett, eienaar, sy

restaurant se sukses toe?

’n Beskeie Brett gee eerstens alle eeraan die Here: “Sonder die Here sou onsnooit suksesvol kon wees nie. Hy was vandie begin af daar en het Ocean Basket deurlaagte- en hoogtepunte gedra. Hy is steedsdaar.”Brett glo ook aan uitmuntende dienslewe-

ring en tevrede kliënte. Hy is dankbaar vir’n knap, opgeleide personeelkorps wat syhande versterk.Die higiëne van die restaurant is ’n

voorkeursaak en hiervoor was BethlehemOcean Basket al die beste restaurant in diegroep.Brett is ook al as die Afrikaanse Handels-

instituut (AHI) se Besigheidspersoon van dieJaar vir sy betrokkenheid en sukses inBethlehem vereer.“Ons bedank al ons kliënte in die Oos-

Vrystaat vir hul getroue en lojale ondersteu-ning die afgelope tien jaar. Daarsonder souOcean Basket nie suksesvol kon wees nie.

“Ons waardeer u voortgesette lojaliteit,”sê Brett.) Om die restaurant se tiende bestaansjaarte vier is daar op Maandag 28 April enDinsdag 29 April ’n spesiale aanbieding.Gaan geniet Da World Famous Feesh &Chips vir slegs R30. “Kom vier saam metons fees,” nooi Brett.) Besoek Ocean Basket in Kerkstraat ofskakel 058-303-2124 vir meer inligting ofgroepbesprekings.

PERSONEELLEDEvan die Ocean Basketin Bethlehem is vanlinks, voor: MatselengRantso, Fatima Jona­than, JacquesNaudé,Colin Brett, eienaar,Peet Joubert enSteveMokoena; agter: Vita­lis Tshabalala, Khu­malo Scambuti, Sal­ter Rhaisane, Lorrai­ne Hlalele, ThabisoMofokeng, LJ Jor­daan, Moloi Mapase­ka, Siwia Xulu, Vin­cent Mosea, GloriaMofokeng, JeanineFourie, JackseenMofokeng, JennieOglesby en MafusiMofokeng.

Restaurant bekend om gehaltediens

Page 8: Malutima 20140423

8 MALUTI, WOENSDAG 23 APRIL 2014

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

DIE Mzansi­fietstoer het op 9 April in die Golden Gate­Hoogland­ Nasionale Park begin.Foto: Lynda Greyling VS-boorling wen 1ste skof

DIE Mzansi-fietstoer het op9 April in die GoldenGate-Hoogland- NasionalePark begin. Die fietstoerhet uit vier skofte bestaan.

Die eerste skof was 140 kmvan Golden Gate tot byClarens en altesaam wasdie vier skofte 579,5 km.Die Vrystaatse boorling

Jacques Janse van Rens-burg het die eerste skofgewen en sy span, MTN-Qhubeka, was die algehelewenner.

VYF atlete van Bethlehem het onlangs aan die Ysterman­kompetisie in Port Elizabeth deel­geneem. Atlete het 17 uur gehad om 3,8 km te swem, 180 km fiets te ry en 42 km te draf.Jacques Nel (11:58), Johan Grobbelaar (14:20), Riaan van Zyl (14:43), Tina Nel (14:53)– atlete van die Bethsealsklub – en Henrie Wydeman (15:40) het die kompetisie voltooi.Ongeveer 2 500 atlete het deelgeneem van wie ongeveer 500 van die buiteland. Net meeras die 600 atlete het dié kompetisie voltooi. Van links is Jacques Nel, Tina Nel, JohanGrobbelaar en Riaan van Zyl. Afwesig: Henrie Wydeman. Foto: Verskaf

Bult spiere in Ysterman­kompetisie

Besoek Maluti se Face-bookblad en ge-sels saam oornuus en sport injou omgewing.

Kampioenskappe gehouVOLGENDE naweek isdit die Suid-AfrikaanseKaalvoetwaterski-kampi-oenskappe in Bethlehem.Dit is van 1 tot 3 Mei bydie Loch Athlone-dam.Donderdag is die oefen-

rondes en die kampioen-skappe begin Vrydag-og-gend en eindig Saterdag-middag. Toeskouers iswelkom en verversingssal te koop aangebiedword.