12
NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK 1 Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder In hierdie skildery van Michael Angelo sien ons God se vinger wat uitgestrek is na Adam om hom aan te raak. Adam se reaksie is ’n wysvinger wat dui op ’n halfhartige tog definitiewe poging om God te ontmoet. So reik God daagliks uit om ons te ontmoet omdat hy oral teenwoordig is. Ons kan net ons bewussyn al meer oop maak om God te ontmoet, selfs waar ons dit nie gewoonlik verwag nie. ‘Op berge en in dale, ja, oral is my God!’ is woorde wat ons baie ge- sing het, maar waarvan ons moeilik die diepte van kan bepaal. As ons Hom toelaat om ons oë oop te maak sal ons sy skatte ontdek wat verskuil is in die gewone. Hierdie jaar se Pinkster het die sluier probeer lig om God te ontmoet op ’n verskeidenheid verrassende plekke. Hy ontmoet ons ook in sy Woord, in Mense, in die Natuur, in die Stilte en in die ’nou’! ’n Mens se lewe self, word ’n pad van ontmoeting. ’n Kuier saam met ’n vriend, ’n koppie koffie, gewone lewensgebeure, blomme, blare en voëltjies word sagte Aanrakings... Die punt van die reeks is die uitnodiging dat ons soos die Emmausgangers besef dat Hy met ons saam stap, eet en kuier! Wanneer ons geestelike oë oopgaan, sal ons verras word hoe naby Hy altyd aan ons was en is. God strek hom uit om jou te ontmoet. Wil jy nie reageer op Sy uitnodiging nie? Baie dankie aan gemeentevroue en die omgeegroep vir die warm sop en broodjies na die dienste. Karla van Straaten het die kinders tydens Pikkie Pinkster met woord en spel be- dien. Die kinders het dit baie geniet terwyl hulle baie geleer het. U is welkom om die reeks by die kantoor te bestel. Ontmoet God ....Pinkster 2009 meer merkwaardig maak, is dat baie an- der sektore in die land swaar kry. Ons moet egter oppas dat ons nooit in die slaggat van geboue, getalle en geld val nie. Ons mik nie daarna om die grootste, beste, rykste, suksesvolste of gewildste gemeente te wees nie. Wat ons gemeente dryf is ons waardes van 24/7 Christen- wees met liefde, diens, eenheid en vier- ing. Die toets aan die einde van die dag is of ons as gemeente getrou was aan ons roeping. Soms wys dit in eksterne groei en soms sal nie dit wys nie! Verskillende fases in gemeente-wees bied egter unieke geleenthede. Swaarkry tye het sy unieke energie, maar so het groei- fases ook. Daar is energie in momentum (sneeubal-effek). Ons het nou ’n unieke geleentheid om die momentum te gebruik om ‘n wesenlike verskil te maak. Dis nodig dat ons afhanklik moet vra na God se wil in dié tyd. Wat is die droom wat Hy in ons harte plaas? Wat is die be- hoeftes in die gemeenskap waarvoor Hy ons uitnooi om ’n verskil te maak? As hierdie tendens voort duur, sal daar bronne wees wat ons bedienings in staat stel om ’n groot verskil te maak. In tye soos hierdie is dit ook belangrik dat die huidige positiewe gebeure ons nie blind moet maak vir wat nog nie reg is nie. Dit moet ons net meer aanspoor om steeds te vernuwe. Hiermee ook ’n woord van dank vir al die oop harte, hande en beursies. Daar is baie rede om fees te vier! Kom ons hou die gesprek oor ons ge- meente lewendig! Indien u enige kom- mentaar op bogenoemde wil lewer, stuur epos aan [email protected]. Dit sal op die webblad by die Kleinkroniek geplaas word. As die golf kom . . . ry hom! Die afgelope twee maande is daar ten- dense in die gemeente wat baie interes- sant is: Dankoffers vir Maart en April is 21% meer as verlede jaar. Erediensoffers is 45% meer as die- selfde tydperk verlede jaar. Webblad besoeke vir Maart en April het verdriedubbel. Erediensbywoning is besonder hoog, selfs oor langnaweke. Die erediensevaluering van die ere- dienste is besonder positief. Daar is ’n groot aantal nuwe lidmate wat die afgelope tyd ingeskryf het. ‘Die Kontak’ epos word sedert die begin van die jaar weekliks deur die leraars aan meer as 1000 adresse gestuur met groot vrug. Daar is nou meer as 24 Kleingroepe Hierdie tendens het maar eers in Desem- ber begin, maar dit is duidelik dat hier iets in die gemeente aan die gebeur is, wat ons moet bedink. Wat die syfers nog

Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

Citation preview

Page 1: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

NG LYNNWOODwww.lynnwoodng.org.za

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood

Tweede kwartaal 2009

KLEINKRONIEK

1

Waarheen roep die Here vir Lynnwood?Immanuel van Tonder

In hierdie skildery van Michael Angelo sien ons God se vinger wat uitgestrek is na Adam om hom aan te raak. Adam se reaksie is ’n wysvinger wat dui op ’n halfhartige tog definitiewe poging om God te ontmoet. So reik God daagliks uit om ons te ontmoet omdat hy oral teenwoordig is. Ons kan net ons bewussyn al meer oop maak om God te ontmoet, selfs waar ons dit nie gewoonlik verwag nie.

‘Op berge en in dale, ja, oral is my God!’ is woorde wat ons baie ge-sing het, maar waarvan ons moeilik die diepte van kan bepaal. As ons Hom toelaat om ons oë oop te maak sal ons sy skatte ontdek wat verskuil is in die gewone.

Hierdie jaar se Pinkster het die sluier probeer lig om God te ontmoet op ’n verskeidenheid verrassende plekke. Hy ontmoet ons ook in sy Woord, in Mense, in die Natuur, in die Stilte en in die ’nou’! ’n Mens se lewe self, word ’n pad van ontmoeting. ’n Kuier saam met

’n vriend, ’n koppie koffie, gewone lewensgebeure, blomme, blare en voëltjies word sagte Aanrakings...

Die punt van die reeks is die uitnodiging dat ons soos die Emmausgangers besef dat Hy met ons saam stap, eet en kuier! Wanneer ons geestelike oë oopgaan, sal ons verras word hoe naby Hy altyd aan ons was en is.

God strek hom uit om jou te ontmoet. Wil jy nie reageer op Sy uitnodiging nie?

Baie dankie aan gemeentevroue en die omgeegroep vir die warm sop en broodjies na die dienste. Karla van Straaten het die kinders tydens Pikkie Pinkster met woord en spel be-dien. Die kinders het dit baie geniet terwyl hulle baie geleer het. U is welkom om die reeks by die kantoor te bestel.

Ontmoet God....Pinkster 2009

meer merkwaardig maak, is dat baie an-der sektore in die land swaar kry.

Ons moet egter oppas dat ons nooit in die slaggat van geboue, getalle en geld val nie. Ons mik nie daarna om die grootste, beste, rykste, suksesvolste of gewildste gemeente te wees nie. Wat ons gemeente dryf is ons waardes van 24/7 Christen-wees met liefde, diens, eenheid en vier-ing. Die toets aan die einde van die dag is of ons as gemeente getrou was aan ons roeping. Soms wys dit in eksterne groei en soms sal nie dit wys nie!

Verskillende fases in gemeente-wees bied egter unieke geleenthede. Swaarkry tye het sy unieke energie, maar so het groei-fases ook. Daar is energie in momentum (sneeubal-effek). Ons het nou ’n unieke geleentheid om die momentum te gebruik om ‘n wesenlike verskil te maak.

Dis nodig dat ons afhanklik moet vra na God se wil in dié tyd. Wat is die droom wat Hy in ons harte plaas? Wat is die be-

hoeftes in die gemeenskap waarvoor Hy ons uitnooi om ’n verskil te maak?

As hierdie tendens voort duur, sal daar bronne wees wat ons bedienings in staat stel om ’n groot verskil te maak.

In tye soos hierdie is dit ook belangrik dat die huidige positiewe gebeure ons nie blind moet maak vir wat nog nie reg is nie. Dit moet ons net meer aanspoor om steeds te vernuwe.

Hiermee ook ’n woord van dank vir al die oop harte, hande en beursies. Daar is baie rede om fees te vier!

Kom ons hou die gesprek oor ons ge-meente lewendig! Indien u enige kom-mentaar op bogenoemde wil lewer, stuur epos aan [email protected]. Dit sal op die webblad by die Kleinkroniek geplaas word.

As die golf kom . . . ry hom!

Die afgelope twee maande is daar ten-dense in die gemeente wat baie interes-sant is:

• Dankoffers vir Maart en April is 21% meer as verlede jaar.• Erediensoffers is 45% meer as die- selfde tydperk verlede jaar. • Webblad besoeke vir Maart en April het verdriedubbel.• Erediensbywoning is besonder hoog, selfs oor langnaweke.• Die erediensevaluering van die ere- dienste is besonder positief. • Daar is ’n groot aantal nuwe lidmate wat die afgelope tyd ingeskryf het.• ‘Die Kontak’ epos word sedert die begin van die jaar weekliks deur die leraars aan meer as 1000 adresse gestuur met groot vrug. • Daar is nou meer as 24 Kleingroepe

Hierdie tendens het maar eers in Desem-ber begin, maar dit is duidelik dat hier iets in die gemeente aan die gebeur is, wat ons moet bedink. Wat die syfers nog

Page 2: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

2

GebedsbedieningWaarom gebed?Matt. 11:17 My huis sal ’n huis van gebed wees vir al die nasies.

Matt. 1819,20 Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is hulle dit laat kry, want daar waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by julle.

2 Kor. 1:11 Daartoe werk julle mee deur vir ons te bid. So sal die gebede van baie ’n seën van God vir ons bring.

Openbaring 5:8 Elkeen van hulle het ’n siter gehad en ’n bak vol goue wierook, die gebede van die gelowiges.

Bogenoemde aanhalings uit die Woord maak dit baie duidelik dat gemeentes (huis) ’n opdrag het om te bid. Ons het ’n opdrag om God se koninkryk (nasies) uit te bou deur gebed. Die gevolg van gebed is seën vir onsself en eer aan God.

In 1 Tim 2:1 lees ons van verskillende vorme van gebed: sme-kinge, voorbidding / intersessie en danksegging. Die laaste paar jaar het groot gebedsnetwerke landwyd en internasionaal ontstaan wat groot geestelike deurbrake bewerkstellig het.

As gemeente van Lynnwood moet ons gebed ’n prioriteit maak. Gebedsbediening moet ten doel hê om in te tree vir ons leiers en leraars. Ons moet bid vir herlewing binne ons gemeente, ook landwyd en wêreldwyd. Deur gebed kan ons vra vir wonders, genesing, oorgawe en bekering. Die wil van die Vader moet ook gesoek word vir alles wat binne die gemeente aangepak word.

Ons nooi jou hartlik uit om deel te wees van ’n gebeds/interses-sie bediening. Kom bid saam elke Woensdag om 11:00 in die Kapel.

Begrafnisbediening’n Nuwe Bediening is tot stand gebring wat net tydens begraf-nisse funksioneer. Die doel van die bediening is om die naas-bestaandes ruimte te bied waar hulle met familie en vriende kan verkeer, tee en toebroodjies geniet en te ervaar dat die gemeente omgee.

Met soveel ouer persone wat kinders versprei het wêreldwyd is dit tot groot hulp vir almal.

Tans is die funksionering bevredigend. Indien u belangstel om hierby betrokke te raak kontak asseblief vir Karin Stapelberg 012 361-3386 / 083 985 0458 of Joanne Berning 012 361-7190 / 083 537 4895.

Lynnwood Lewenskuns kuier in die SHACK

The Shack van William P Young is ’n gewilde boek wat baie gesprek ontlok. Op 25 Maart het Lynnwood Lewenskuns ’n gesprek oor die boek aangebied wat gelei is deur ds Tienie Bosman van Stellastraat gemeente. Dit het amper soos die Shack gevoel toe meer as 100 mense opgedaag het!

Die boek is deur Tienie met baie versigtigheid behandel omdat die temas wat daarin voorkom baie naby aan mens se hart is. Temas oor lyding, wie God is, verwerking van seer en ons geestelike reis is bespreek. Alhoewel die boek nie baie goeie literêre eienskappe het nie, kry dit wel teologies baie punte omdat dit erns maak met die aard van lyding en die karakter van God as liefde. Dit is ’n boek wat mens lei om in gesprek te gaan met dit wat seer is in jou eie lewe. Die boek help mens ook heelwat met die moeilike vrae oor God en lyding. Al stem mens nie met alles saam wat daar staan nie, sal dit jou uitnooi om te dink en met God te praat.

As u nog nie die boek gelees het nie, is dit goeie leesstof vir die vakansie! Vir ’n 25 min gesprek met Tienie oor sy siening van die boek besoek gerus ons webblad: www.lynnwoodng.org.za/lewenskuns.htm

Page 3: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

3

Kuierfees bring ’n glimlag!Die kuierfees op 7 Maart was groot sukses, soos wat die foto’s vertel...

Page 4: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

Die manier waarop belydenisaflegging in Lynnwood werk het hierdie jaar bietjie verander. Sedert 2009 lê al die jong-mense nie meer almal op een aand be-lydenis af nie. Die idee is eerder dat elke individu van een van die drie belyde-nisafleggings gebruik maak wanneer hy of sy gereed voel daarvoor.

10 Mei was die tweede geleentheid in die jaar waartydens die Gr.12-jong-mense kon belydenis aflê en omtrent twingtig van hulle het dit benut. Dit was die eerste keer dat ons belydenisafleg-ging gehad het met die koeligheid van winter in die lug en die dames se mooi rokkies moes plek maak vir jasse. Maar nodeloos om te sê was al die manne en dames uitgevat in hulle beste kleredrag, soos ons al gewoond geraak het by be-lydenisafleggings.

Ek het die voorreg gehad om video-onderhoude met al die jongmense wat

belydenis aflê te voer en dis die dinge wat hulle sê:

- Die jaar was “awesome”!- Die predikante het hulle baie mooi begelei om te verstaan hoekom hulle belydenis aflê.- Baie dankie aan die predikante!- Hulle verhoudings met hulle vriende in die klas het baie verdiep ge- durende die jaar.- Hulle het hulleself leer ken.- Zander se klas dink die Jenga en Voortrekkersap was treffers!

As mens al hierdie dinge hoor oor hoe die jongmense voel oor belydenisafleg-ging en belydenisklas gee dit selfs die siniese onder ons weer hoop. Dit bring ’n besef dat al verander tye en tegnolo-gie, is daar sekere elemente wat mens altyd in jou lewe sal kan waardeer en nodig hê. En dit laat mens dink dat daar goeie dae vir die Voortrekkersap indus-trie voorlê.

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenera-Belydenisaflegging Rondte 2 Valize Scholtz

Viering

4

Page 5: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenera-

Die gemiddelde jongmens in die een-en-twintigste eeu se lewe draai hoofsaaklik maar om een ding. Homself of haarself. Ons het ’n beskawing geword wat so ge-

fokus is op ons eie geluk, ons eie welvaart en ons eie sukses. Ons wêrelde bestaan uit plekke waar ons ons eie welvaart, sukses en geluk kan verhoog of verbeter. Dan is daar darem ook in meeste van ons se lewens ruimte vir ons geselekteerde naaste.

Maar net 10km van ons af is daar ’n plakkerskamp. Of selfs nader, miskien net 2km van sommige van ons af, woon daar haweloses op straat. Of vir van ons sit

daar dalk ’n werklose man op die hoek van die straat waar ons woon. Of miskien is die kinders in die huis langsaan se ouers afwesig in hulle lewens.

Die probleem is dat dit so maklik is om die werklikheid uit ons wêreldjies uit te blok en net te sien wat ons wil sien. Dit maak so half sin om ’n blinde oog te gooi vir

die realiteit van armoede wat besig is om stadigaan tot reg op ons voorstoep te skuif. Ons is geneig om te dink dat solank as wat ons nie weet nie het ons nie verantwoordelikheid om iets te doen of skuldig te voel nie.

Hierdie jaar se Hoërskoolkamp het van 24 tot 27 April jongmense bymekaar gebring om bietjie realiteit in ons wêrelde in te bring. Jongmense kon iets op die kamp

kom leer oor hoe mens as ’n Christen oorleef in die moderne maar stukkende wêreld.

Daarom het ons die die kamp afgeskop deur die Vry-dagaand ons wêrelde te bou uit karton, papier en tyd-skrifte. Ons het so bietjie gesels oor ons wêrelde en

waar God daarin inpas. Saterdag het ons almal se wêrelde verbreed toe ons ’n plakkerskamp besoek het. Daar het ons speletjies gespeel saam met die kinders, gesigte geverf en ’n drama opgevoer. Maar die hoogtepunt van die dag was toe Lynnwood se jongmanne die plaaslike jongmanne aan-gevat het in ’n baie intense sokker wedstryd. Die wedstryd het ongelukkig met ’n gelykop telling van een elk geëindig. Gelukkig kon die Lynnwood manne as wenners uit die stryd tree deur die strafdoel kompetisie in ons guns te beklink.

Na die uitreik het niemand meer heeltemal dieselfde gevoel oor die wêrelde wat die vorige aand gebou is nie. Die res van die naweek het verby gesweef tus-

sen speletjies, sport (lees volleyball!), lofprysing en kuier en opgebou tot by Sondagaand. Sondagaand was op ’n manier die hoogtepunt van die naweek en het die vorm van ’n kruis-tog om die kampterrein aangeneem. By verskillende stasies is die ‘my wêreld’, die ‘regte wêreld’ en ‘my verhouding met God’ alles bymekaar uitgebring om die groter prentjie duide-liker te maak.

Ek dink as daar een jongmens van die kamp af terug ge-kom het wat anders na sy of haar wêreld kyk sou die kamp ’n sukses gewees het. Gelukkig weet ek daar het

definitief nie net een jongmens met ’n nuwe lewensuitkyk van die kamp af terug gekom nie!

5

Hoërskoolkamp maak ’n verskilValize Scholtz

Page 6: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

StudeNtekamp

6

Ekhuruleni Jeugkoor konsert

Die koor met hulle begeleidingsgroep tree Saterdag 20 Junie om 19:00 in die kerk op en ook Sondagoggend tydens ’n gesamentlike erediens. Daar sal kaartjies beskikbaar wees vir die Saterdagaand se kooruitvoering. Moet dit nie misloop nie – hou die da-tum oop!

Van 27 Februarie tot 1 Maart 2009 het daar vir die eerste keer in Lynnwood ’n studentekamp plaasgevind. Maar dis nie al wat ’n ‘eerste’ was omtrent hierdie kamp nie. Hierdie was seker die eerste kamp in die geskiedenis van kampe wat nie oor die kamp gegaan het nie! Die kamp was maar net die begin van groter dinge en ’n manier om studente byme-kaar te bring en te mobiliseer.

’n Groot deel van die kampprogram het tyd gemaak vir ons om weer bietjie te kon beleef wat dit beteken om deel te wees van ’n gemeenskap van gelowi-ges. Die baie lofprysing, wat ook ’n be-soek deur Vertikaal ingesluit het, het vir ons spasie gegee om net weer in ons Hemelse Vader se teenwoordigheid tyd te kon spandeer.

Daar was gedurig gesprekke aan die gang, veral gesprekke oor die wêreld en tye waarin ons leef. Maar die gesels het een uitsluitlike doel voor oë gehad - om die gepraat in aksie te verander. Daar is ’n ou Afrikaanse spreekwoord wat lui: ‘van sit en staan kom niks gedaan’. Die uiteinde is dat ons kan praat en kla oor die probleme om ons soos ons wil, maar as ons nie self besluit om iets te veran-der nie gaan niemand anders dit vir ons doen nie.

Die Saterdagaand het ons ’n film gekyk wat deur drie jong Amerikaanse manne gemaak is oor kindersoldate in Uganda. Hulle storie begin eintlik ses jaar terug toe hulle tydens ’n vakansie op hierdie

gru-dade van ’n rebelleleier afgekom het. (Besoek www.invisiblechildren.com vir meer inligting.) Hulle het dit waarmee hulle goed is gebruik om iets aan die situ-asie te doen - hulle het ’n film gaan maak om mense bewus te maak van die situ-asie. Wat die drie Amerikaanse studente gedoen het om op te staan en ’n verskil te maak toe hulle iets gesien het wat ver-keerd is, is ’n groot inspirasie vir ons as Suid-Afrikaanse jongmense. Die beste van alles is dat nou ses jaar later het ‘In-visible Children’ ’n wêreldwye revolusie geword. Dit wys jou net wat kan gedoen word!

Na die film wat al reeds genoeg is om mens in trane te laat, het Zander met ons gesels oor die idee ‘Action leads to clar-ity’. Kortliks beteken dit presies wat dit sê: dat ons moet ophou wag tot ons doodse-ker is oor wat om te doen en net op staan,

en die geleenthede reg voor ons begin gebruik om ’n verskil te maak.

As ek hierdie kamp in een sin moet probeer opsom sal dit iets wees soos: Staan bietjie vir ’n slag op uit jou gemak-stoel en gaan doen iets om ’n verskil te maak!

Staan op uit jou gemakstoel en

gaan doen iets!Valize Scholtz

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenerasieNuwe

Page 7: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

Die kontemporêre gospel musiekgroep VERTIKAAL, wat uit Lynnwood gemeente se aand begeleidingsgroep ontstaan het, het Vrydagaand, 1 Mei 2009 by die Gala-aand van die MTN SAMA Toekennings by Sun City weggestap met die goue beeldjie in die hand. Vertikaal is aangewys as wenner

Vertikaal wen dié groot prys

7

in die kategorie vir BESTE AFRIKAANSE GOSPEL ALBUM van die jaar! Die SAMA toekennings vind jaarliks plaas en is die mees bekroonde musiek toekenning in ons land. Oor die naweek is 58 wenners aangewys tydens die twee aande se spog geleent-hede.

Vertikaal se tweede album ‘Stil’ is in 2008 vrygestel en is reeds hierdie jaar met die ATKV se Liertoekenning bekroon. Die groep se eerste CD ‘Uit Dieptes’ het ook in 2006 met die louere weg-gestap by die Lier.

Vertikaal het ontstaan in 2005 in ons gemeente! Die groep be-staande uit, Jattie de Beer, Leon Gropp en Zander van der West-huizen tree deesdae saam met ’n vol groep musikante op. Jattie is ’n bedryfsielkundige, Leon ’n voltydse musikant en Zander is natuurlik ons jeug se predikant!

Die aand se toekenning was ’n groot verrassing in die lewens van dié musikante. Zander se eerste woorde tydens die ontvangs-toespraak was: ‘We really didn’t expect this!’. Jattie het erken-ning gegee aan die ‘Author and Architect of the art we call music’ in die paar woorde wat hy gespreek het tydens die toespraak. Vertikaal het na die tyd gesê dat die toekenning ’n reuse eer is, veral omdat die ander nominasies in dieselfde kategorie hierdie jaar so sterk was.

Besoek gerus VERTIKAAL se webtuiste by www.vertikaalonline.co.za

Sondag 22 Maart 2009 was ’n besondere dag vir die ‘Vriende van Huis 6’! Al 14 kinders, Mike en Lizzie het saam met ons Hamburgers vir middagete kom eet. Ons kon baie lekker kuier en gesels en daarna afsluit met roomys in vele kombinasies. Baie dankie aan al die liewe vriende wat daar was, voor die tyd gehelp het en Charl en seuns wat so lekker gebraai het. Die seuns wil net weet wanneer ons weer so maak.

Ons baie groot dankie aan al ons donateurs van liefde, kos, seep, maan-delikse bydraes, gebede, omgee, kuiersessies, belangstelling en wat ook al. Die huis is nou weer vol met ouderdomme tussen 7 en 14 jaar. Daar is 3 pare boeties, 7 ander seuns en Armand (Mike se aangenome seun). Hy kry soos al die ander ook truie, slaapsokkies en ’n verjaardaggeskenk en is die groot boetie in die huis. Natuurlik moet ons nie vergeet van hulle groot liefde vir Lady, die groot vet Labrador nie!

Om saam met ons te begin leef en droom, gesels gerus met een van die volgende manne: Elton (Jong volwassenes) 083 397 9782 Johan (Studente) 082 552 0184Nelis (Hoërskool jongmense) 082 692 8865

Jakaranda Kinderhuis, Huis 6

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenerasieNuwe

Page 8: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

Hierdie projek is reeds gedurende 2005 as uitreikprojek by ons gemeente geregistreer. Die aanvanklike oogmerk was om ons gemeentelede bewus te maak van en te betrek by die versorg-ing van vigsweeskinders in Mabopane/ Winterveld. Met verloop van tyd is daar besef dat die uitdagings waarvoor hierdie ‘township’- gemeenskap, daag-liks te staan kom, veel omvangryker en meer kompleks is: Armoede, wanvoed-ing, swak onderwys, gebrek aan infra-struktuur en fasiliteite ( bv. sportvelde ), is aan die orde van die dag en laat der-duisende families/kinders kwesbaar. Hierdie faktore veroorsaak dat fami-liestrukture/huishoudings verbrokkel of sodanig onder druk kom dat die lewe uit ’n stryd om bevrediging van ‘basiese’ behoeftes bestaan. Geeste-like verval is oral sigbaar en dit is veral op hierdie vlak waar kerke in ons land ’n belangrike rol kan en behoort te speel om te help met die heropbou van hierdie gebroke gemeenskappe.

Projekte:• KleuterskoolDie eerste kleuterskoolklaskamer is in 2007 gebou nadat onderrig aanvanklik in ’n sinkgebou vir 18 weeskinders plaas-gevind het. Die behoefte het onstaan om die fasiliteit uit te brei om ook die omrin-gende plakkergemeenskap te bedien. Aan die begin van 2009 is ’n tweede klaskamer gebou en ’n derde klaskamer is tans in aanbou om die huidige getal kleuters (62) te kan huisves. Drie onder-wyseresse (wat deurlopend indiensoplei-ding moet ondergaan), ’n kok en skoon-maker is in diens. Twee gebalanseerde etes en ’n vrug word daagliks verskaf.

Die uitdaging om fondse vir hierdie be-dryfsuitgawes in te samel bly baie groot. Fondse word intussen ook benodig om die 3de klaskamer wat in aanbou is, toe te rus, asook om ’n ekstra badkamer aan te bou.

• Huisvesting – Kinders in nood. Handevat projek met VSA.Mabopane Foundation VSA, het reeds in 2006, 8 hektaar grond in die Winterveld aangekoop in die naam van ’n art 21 Maatskappy, (Good Hope Community Organisation) wat vir die doel opgerig is. Die finansiële strukture van die Maat-skappy is tans sodanig in plek dat daar begin is met voorbereiding vir die oprig van woonfasiliteite vir wees-, kwesbare- en kinders in nood. Argiteksplanne, bou-rekenaarkosteberamings, hersonering, bou van heining om eiendom, is reeds in proses.

Sommige professionele persone doen van hierdie werk gratis of teen ’n spe-siale tarief as deel van hul diens aan die gemeenskap.

Die visie is om ook sportfasiliteite, gemeen-skapsaal, werkswinkels, ens, op te rig.

’n Aantal persone wat nou by die projek betrokke is, besoek ’n soortgelyke projek, bekend as die ‘Watoto Projek’ in Uganda, gedurende Junie 2009 ten einde vas te stel watter aspekte van hierdie uiters suksesvolle projek (‘villages’ vir aids weeskinders en kindersoldate) hier ge-implimenteer kan word.

• Clover Mama Africa – Mama Mary Lwate, ons kontakpersoon in Mabo-pane is in 2008 as Clover Mama Africa no 31 aangewys. 1. Opleiding in verskeie velde word deur Clover van stapel gestuur, bv. oplei-ding om naaldwerk te doen.2. Hulle het ook fondse bewillig om ’n bestaande geboutjie op die perseel te verander in ’n klein bakkery. ’n Gasoond en menger is geskenk. Tans werk aflos-spanne om brood, mosbolletjies, koek-ies te bak wat in die omliggende area verkoop word. Intussen is ’n groter in-dustriële elektriese oond aangeskaf om in die toenemende aanvraag te voorsien. Die winste uit die bakkery en naaldwerk-projek sal teruggeploeg word om te help om die ‘kinderprojek’ selfonderhoudend te maak.

• GroenteGrond is deur die Departement van Kor-rektiewe Dienste beskikbaar gestel die vir ontwikkeling van groentetuine. Groen-tetuine word aangelê en bewerk deur die ouer seuns en werkloses om sodoende ook hierdeur die ‘kinderprojek’ selfonder-houdend te maak.

• Sokker’n Omgeegroep het fondse bewillig om ’n area voor te berei om ’n basiese ‘tuis-gemaakte’ sokkerveld te ontwikkel. Die seuns was onmiddellik sodanig be-geesterd dat die behoefte om ’n sokker-span (klere/toerusting) saam te stel wat vir ’n plaaslike liga kon inskryf, ’n prioriteit geword het. Dit het gerealiseer en die sokkerspan gaan tans van krag tot krag. Die seuns is baie begerig om op dieselfde wyse aan rugby blootgestel te word.

• PureHopeBetrokkenheid.Pure Hope, ’n diensjaar vir Christus jeug-bediening van Moreleta-N.G gemeente het aan begin van 2008 by die Mabo-pane- uitreik betrokke geraak. Ons ge-meente se Uitreik jeuggroep besoek tans

Mabopane elke Maandag en verskeie werksaamhede en uitreikprojekte spruit hieruit voort.

Kleuterskoolkinders kry aandag, ’n koor word afgerig, ’n spesiale middagete word aan kinders verskaf, huiswerk en opvoed-kundige na-skoolaktiwiteite vind plaas.

Pure Hope is o.a. die donateur van kleu-terskoolklaskamer 3 en het hulself ook verbind om in die toekoms nou saam te werk met die ontwikkeling van die bou van die woonfasiliteite vir wees- en kinders in nood.

Skole word van tyd tot tyd besoek om be-hoeftes te identifiseer, klaskamers word geverf, ens.

Dit is ons doelwit om mettertyd ook daad-werklik by onderwys betrokke te raak ten einde kennis, vaardighede en ondervind-ing oor te dra en uit te ruil. Plaaslike skool-hoofde, onderwysers, ouers en leerlinge is uiters begerig en ontvanklik hiervoor.

SlotsomDie uitdagings van die Mabopane projek is omvangryk – Oorbrugging van taal/kultuur verskille, die gebrek aan infra-struktuur, fasiliteite, toeganklikheid, ens, om maar ’n paar te noem. Vir ons as ge-meente is die roeping eenvoudig: Wat jou hand vind om te doen, doen dit goed!

Indien iemand die projek wil besoek of betrokke wil raak, skakel Carina Goosen, 082 900 4087.

Mapobane Uitreik

8

Page 9: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

Hulp vir Wessel van der Waltl ADVERTENSIE l ADVERTENSIE l ADVERTENSIE l ADVERTENSIE l ADVERTENSIE l

HearingResearch(Verw: Wessel vd Walt AN 741) gemaak word.Indien u dit elektronies wil deponeer, is die besonderhede soos volg:UniversityofPretoriaHearingResearchStandardBankHatfieldTak nr. 011-545Rek nr. 01-256-444-3TjeksenposordersmoetaandieUniversityofPretoria:HearingResearch(CostCentreAN741)uitgemaakword.

Daar word ’n vriendelike dog dringende beroep op u almal se hulp en ondersteuning gedoen!

Wessel van der Walt (Thys en Kotie van der Walt van Lynnwood-gemeente se seun) benodig dringend ’n gehoorverlies operasie ‘cochlear implant’.

Hy is sedert sy geboorte hardhorend, maar daar het ’n drastiese verswakking in sy gehoor ingetree wat maak dat hy al hoe meer kommunikasieprobleme by sy werk en tuis ondervind. Sy groot-ste droom is om sy seun te hoor wanneer hy ‘pappa, ek soek jou’ roep. As gevolg van sy gehoorprobleem, het hy geen verdere bevorderingsgeleenthede by sy werk nie. Kerkbesoek en open-like gebed raak al hoe moeiliker vir hom en veroorsaak gevolglik dat hy al hoe meer uitgesluit word uit geselskappe, aangesien mense verkeerdelik dink dat hy hulle ignoreer.

Groot was die blydskap toe die goeie nuus na uitgebreide toet-sing onder leiding van die ‘cochlear implant’ (gehoornavorsings-departement) van die Universiteit van Pretoria, verneem is: hy is goedgekeur as kandidaat vir ’n implantingsoperasie wat so gou moontlik moet plaasvind! Goedkeuring is ook verleen vir ’n fondsinsamelingsaksie en die uitstaande bedrag benodig, is tans R350 000. Donasies vir Wessel se inplanting kan aan die Uni-versity of Pretoria:

Donasies ontvang kwalifiseer vir ’n korting op u belasting indien u die belastingfaktuur aan die Ontvanger voorlê.Navrae oor Wessel se fondsinsamelingsprogram kan aan Ronel Chester-Browne by die Pretoria Co-chlear Implant Programme gerig word. Skakel haar by 012 420 3684. Kontak gerus ook vir Magda van der Walt 082 417 3489, Kotie van der Walt, 072 356 4991 of Thys van der Walt 082 421 8033.

U ondersteuning sal geweldig baie vir die familie en veral Wessel se gesin beteken.

By voorbaat baie dankie!

Die Van der Waltfamilie

Die Performer Teater bied op 11 en 12 Julie ’n konsert aan as deel van die fondsin-sameling-projek en u word hartlik uitge-nooi om die konsert te ondersteun!

9

Page 10: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

In Peet Crous se brief aan die gemeentelede wat ons per e-pos ontvang, noem hy ‘hoop op God’ as die groot anker in ons le-wens en dat elke mens ’n anker nodig het. Dit het my laat dink aan die kleiner ankers wat daar beskikbaar is vir die Christen en wat ons, omdat ons geanker is in God, ons lewenspad met vreugde, vertroue en sekerheid kan loop.

Vir baie van ons hier in die Lynnwood-gemeente is een van die ‘kleiner’ ankers seker die gemeentevroue-groep waaraan ons behoort. So is groep elf waaraan ek behoort en waarvan ek tans die leier is, ’n belangrike anker in my lewe – hier voel ek tuis; hier beleef ek vriendskap, die gevoel van samehorig-heid laat my voel dat ek behoort; hier ervaar ek die liefde en ondersteuning van my vriendinne, al sien ons mekaar min. Ek glo almal van ons wat aan ’n gemeentevroue-groep behoort, beleef dit ook so, al het hulle dit nog nie onder woorde gebring nie! Groep 10 is ’n kleiner groep wat ons uitgenooi het om saam met ons te vergader, vir ons almal is dit net ’n vreugde en word daar reeds hegte bande gesmee en kan ons soveel meer vermag.

Vanjaar het ons begin met ds Peet Crous wat ons kom bewus maak het dat ons ’n rol te vervul het in die redding van die pla-neet wat in ’n krisis is as gevolg van die mensdom se besoede-ling van ons wonderlike wêreld. Hy het vir ons belangrike in-ligting gebring en idees van hoe elke indiwidu besoedeling kan beveg. Belangrik is ook dat ons tydens die byeenkomstes sake bespreek wat aansluit by die gemeente se ander aktiwiteite, en ook hoe ons deur ons klein bydraes ’n verskil in ander se lewens kan maak

Ons tweede byeenkoms was besonders met Prof. Thinus Kühn wat oor koorsangkuns met ons kom praat het; sy aanbieding ‘Stemme in Harmonie’ het gepaard gegaan met die speel van koorsang-musiek, uitgevoer deur van die beste kore in die wêreld. Hierdie CD’s het hy versamel tydens sy bywoning van koorsang-werkswinkels in Europa en die VSA, dit was werklik musiek deur engele! Almal het geïnspireerd huistoe gegaan. Ons sien uit na die res van die jaar se samesyn en verdere byeenkomste met interessante aanbiedings wat ons reeds aan die einde van 2008 gereël het.

Gemeentevroue-groepe vervul na my mening ’n baie belang-rike rol in die kerklike opset. Ek het êrens gelees dat vroue sterktes het wat mans verbaas: hulle verduur moeilike tye, hulle dra ander se laste, hulle bring hoop deur hulle klein dade van liefde, hulle is bereid om van hulle self te gee. Maar, vol-gens die skrywer het hulle een tekortkoming: hulle vergeet dik-wels hulle eie waarde!

Kom ons vroue onthou dat ons wel ’n verskil kan maak so-dat ons in die res van die jaar weer eens met vreugde ons klein take sal kan verrig en so ander vroue sal inspireer, om wanneer dit vir hulle goed is, by een of ander gemeentevroue-groep aan te sluit. Rykie Snyman (Groep 11)

Gemeentevroue-Groepe maak ’n verskil in 2009

NG Lynnwood

Digbundel 2009deur Lidmate van Lynnwood Gemeente. Stuur jou poësie

voor 20 Julie in na [email protected]

Vakansiehuis Onrusrivier

7 km vanaf HermanusR1000 per dag vir

11 Des 2009 - 4 Jan 2010Ander tye

onderhandelbaarTel 012 807 0403 Sel 082 260 7102

Ontdek die vreugde van laslapwerk!Klasse: Leer in 12 lesse stap vir stap om laslap- en kwiltwerk te doen in Lynnwood (R55 per klas).Kwiltgroepe: vergader gratis

SusaravanWyk 083 608 3663 [email protected]

lADVERTENSIElADVERTENSIElADVERTENSIEl

PRiSMAWATeRGesuiwerde mineraal verrykte water!

Vry van bakterieë en skadelike chemikalieëHervul vir net 70c per liter. Gebottelde water ook beskikbaar

Lynnburnstraat 69, Lynnwood ManorTel 012 365 2590 E-pos [email protected]

BrynterionCollegeReKeNAARKURSUSSe

Vanaf R150.00MS Office, Internet, Pastel ens.► Beginners en gevorderde klasse► Spesialeklassevirpersone bo 50► Aangepas by jou behoefte ► Individuele aandag ►Weeksdae/Saterdae

internetDienste►Internet konneksies ► Webblad Ontwerp – vanaf R200.00► E-pos, faks ens.072 2267 326 / [email protected] Park (Silverton), Pta.

10

Boomsloping en snoei van bome en struike.

Kontak Ernst - 083 656 4992

Page 11: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

11

Op 19 Februarie 2009 het die Gemeentevroue van Lynnwood ’n besondere vrolike en verkwikkende Verwelkomingsfunksie vir die begin van die jaar aangebied. Die funksie was byge-woon deur die vroue en wat besonders was, was dat sommige van ons manne ook daar was. Die spreekster was Ds Lizl-Louise Schoeman wat ’n treffende boodskap oor ‘Anderkant die liefde’ gelewer het. Alles wat plaasgevind het die aand was in die idioom van die liefde en dit was verder aangevul deur die sang van Werner Van Coller wat ons betower het met sy pragtige stem en die mooiste liefdesliedere! Nodeloos om te sê dat ons hom telkens met ons applous terug geroep het. Ons het die saal verlaat met ’n wonderlike gevoel van ver-genoegdheid en dankbaarheid dat ons deel kan wees van die NG Kerk Lynnwood.

Gemeentevroue Verwelkomingsaand Rykie Snyman

Totale kleurverandering van:

l Baddens l Wasbakkel Toilette l Teëls

Vanaf: Bad - R800Wasbak - R350Toilet - R400Teëls - Kwotasie

Kontak: Goemie 082 574 4909

Page 12: Kleinkroniek [2e kwartaal 2009]

12

Lynnwood VriendekringOp 24 Maart het ons ’n gesellige oggend by Lynnwood Oord ge-had. Paul Beneke, Gill Tustin en Rita Fourie het almal in ’n vro-like stemming gebring met hul sang en musiek.

Daar is nog steeds vrywilligers wat mense na dokters-afsprake, ens. sal vervoer indien ons gekontak word.

Enige voorstelle omtrent uitstappies ens. sal waardeer word. Onthou dat alle mense wat afgetree is, Seniors is.

Kontak: Nelia Louw tel 012 361 2877 of sel 082 685 8900Elma Wessels tel 012 361 4352 Kerkkantoor 012 348-1245

Rita Fourie, Gill Tustin, Paul Beneke

Omgeegroepe hou Shabbat-ete: Die behoefte het ontstaan om Omgeegroepe byme-kaar te kry en saam te kuier. Daar is besluit op ’n tradisionele Shabbat-ete vir die tema, en daar is sommer dadelik begin met die agtergrondstudie. Soveel Christene wonder vandag hoekom vier ons nie ook Shabbat (die Hebreeuse woord vir Sabbat) op ’n Vrydagaand nie. Wat het die tradisionele Jode geëet, hoe het hulle gemaak, en wat het die Shab-bat vir hulle beteken? Vrydagaand 15 Mei net na sononder ontmoet ’n paar groepe mekaar toe in Koinonia. Daar het ’n feeste-like atmosfeer geheers en almal was kompleet met kerse, sandale, broodjie, wyn en kleed, gereed om die Shabbat te ontmoet. Ds Peet het ’n kort agter-grondskets gegee oor die feeste van die Ou Testa-ment en almal het die fees terdeë geniet. Ons hoop om binnekort weer een van die tradisionele feeste te vier.

Nina Venter

Nuwe-intrekkerstee: ’n Belangrike funksie wat lede van die Gasvryheidsbediening verrig, is om nuwe intrekkers te besoek en te verwelkom in die gemeente. Hulle word dan uitgenooi om saam met die leraars en hulle gades en lede van die Gasvryheidsbediening tee en verversings te geniet en om mekaar beter te leer ken. Volgens die foto’s het almal heel ge-sellig verkeer in die Kapel.

plaas twee fotos hier wat op CD is, asb.