8
NG LYNNWOOD www.nglynnwood.co.za Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Eerste kwartaal 2010 KLEIN KRONIEK 1 vervolg op p2 Jy is uitgedaag! Ek het onlangs weer tot ’n dieper insig gekom van hoe maklik my kern idees oor sake my optrede beïnvloed. Almal van ons het sekere basiese vertrekpunte wat maak dat ons op sekere maniere dink en reageer. Ons doen dit sonder om eers kritiese refleksie te doen oor hierdie kern idees. Ek het byvoorbeeld al gedink dat verlossing alleen daaroor handel om eendag na ’n beter plek toe gaan. Die plek wat ons hemel noem! Dié tipe idee is eintlik ’n verkleining van die vol- heid wat Jesus in gedagte gehad het met die konsep bekering (metanoia!). Verlossing het te doen met die hemel aarde toe bring as’t ware. Jy word die hemel vir ander deur die Here se liefde deur jou te laat leef! Vandag! Daar is baie beelde oor wat aan die einde van tyd sal gebeur. En ons dink altyd dat ons iewers ver moet heengaan om weg te kom van hierdie plek, aarde af. Terwyl Openbaring se beeld vir ons wys die Here kom vestig weer sy Teenwoordigheid hier tussen ons. Die hemel kom aarde toe - letterlik! Dit wil sê dat wat ons doen as sy bruid op hierdie aarde moet nogals belangrik wees! Ons wil hierdie jaar die kern idees van hoe ons kerk verstaan herbesoek. Is kerk net ’n sondag-gebeure? As ons praat van ‘kerk’, dan gebruik ons dit dikwels net in sinne wat verwys na ’n plek of ’n gebou. Dit skep die indruk dat ‘kerk’ net ’n byme- kaarkom plek is. As ons ons taal egter verbreed – dan behoort ‘kerk’ ook in sinne gebruik te kan word wat verwys na mense – ambassadeurs van die hemel! Ons wil jou uitdaag om saam met ons te ontdek wat kerk-wees en Christen-wees werklik beteken. Ons wil vra dat jy verantwoordelikheid sal neem vir jouself sodat ons as ’n geloofsfamilie saam ’n verskil in die wêreld kan maak. Ons wil hierdie jaar as ’n geloofsgemeenskap mekaar toerus, ondersteun en uitstuur om ’n 24/7 Christen lewenstyl te leef in die wêreld waarin ons elke dag ’n invloed uitoefen! Ons idee oor kerk is dus nie om een of twee persone af te vaardig om namens ons God se sending na die wêreld te vat nie. Ons verstaan onsself as ’n familie waarin elkeen ’n draer is van God se hemel na mense wat elke dag ons pad kruis. Dit is wie ons is. Ons saamwees deur die week en veral op Sondae moet ons help om aan God die eer te bring, saam toegerus te word en mekaar te ondersteun sodat ons hierdie identiteit kan leef! Ons vra van jou 5 uitdagings om ernstig te oorweeg hierdie jaar: 1. Eet saam met iemand wie jy nie gewoonlik sou oornooi nie. 2. Steek ’n grens oor na ’n ander persoon of konteks. 3. Woon ’n Lewenskunskursus by en verryk jouself. 4. Skryf vir ons iets neer van jou ervaring van God in jou lewe. 5. Probeer iets nuuts en anders in die gemeente. Ontdek saam met almal in ons geloofsfamilie wat die Here doen in ons lewens en deur ons in ander se lewens. Onder- soek die kern idees in jou lewe oor die Here, kerk-wees en hoe jy die hemel aarde toe bring! Ons hoor graag van jou! Dr Zander van der Westhuizen 1 Eet Ek gaan vriende buite die gemeente nooi vir ete (wat nog nooit by ons geëet het nie)! 2 Grense Ek gaan moeite doen om by die VGK gemeente naby Soweto ’n be- soek af te lê en daar met die mense te kuier. 3 Kursus Ek gaan hierdie jaar ’n kort kursus oor emosionele intel- ligensie bywoon by TUKS. 4 Skryf iets neer Ek gaan ’n gedig of ’n kort vertelling oor wat die Here doen in my lewe hierdie jaar neerskryf en dit op my BLOG plaas. Ek gaan ook ’n paar nuwe liedere komponeer. 5 Probeer iets nuuts Ek gaan die Chinese diens bywoon as Jan daar preek en ek iets kan verstaan! Zander 1 Eet Met my tuinman en huis- hulp lekker gaan uiteet by Baobab! 2 Grense As gesin ’n uitreik doen na behoeftiges. 3 Kursus Ek wil vanjaar ’n 7-dae bege- leide retreat meemaak. 4 Skryf iets neer Drie gedigte vir die digbun- del vir die Kunsteweek skryf. 5 Probeer iets nuuts ’n Meesters Atleliek byeen- koms deelneem en my eerste sokker wedstryd by- woon! Immanuel

Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

Citation preview

Page 1: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

NG LYNNWOODwww.nglynnwood.co.za

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood

Eerste kwartaal 2010

KLEINKRONIEK

1

vervolg op p2

Jy is uitgedaag!Ek het onlangs weer tot ’n dieper insig gekom van hoe maklik my kern idees oor sake my optrede beïnvloed. Almal van ons het sekere basiese vertrekpunte wat maak dat ons op sekere maniere dink en reageer. Ons doen dit sonder om eers kritiese refleksie te doen oor hierdie kern idees.

Ek het byvoorbeeld al gedink dat verlossing alleen daaroor handel om eendag na ’n beter plek toe gaan. Die plek wat ons hemel noem! Dié tipe idee is eintlik ’n verkleining van die vol-heid wat Jesus in gedagte gehad het met die konsep bekering (metanoia!). Verlossing het te doen met die hemel aarde toe bring as’t ware. Jy word die hemel vir ander deur die Here se liefde deur jou te laat leef! Vandag! Daar is baie beelde oor wat aan die einde van tyd sal gebeur. En ons dink altyd dat ons iewers ver moet heengaan om weg te kom van hierdie plek, aarde af. Terwyl Openbaring se beeld vir ons wys die Here kom vestig weer sy Teenwoordigheid hier tussen ons. Die hemel kom aarde toe - letterlik! Dit wil sê dat wat ons doen as sy bruid op hierdie aarde moet nogals belangrik wees!

Ons wil hierdie jaar die kern idees van hoe ons kerk verstaan herbesoek. Is kerk net ’n sondag-gebeure? As ons praat van ‘kerk’, dan gebruik ons dit dikwels net in sinne wat verwys na ’n plek of ’n gebou. Dit skep die indruk dat ‘kerk’ net ’n byme-kaarkom plek is. As ons ons taal egter verbreed – dan behoort ‘kerk’ ook in sinne gebruik te kan word wat verwys na mense – ambassadeurs van die hemel! Ons wil jou uitdaag om saam met ons te ontdek wat kerk-wees en Christen-wees werklik

beteken. Ons wil vra dat jy verantwoordelikheid sal neem vir jouself sodat ons as ’n geloofsfamilie saam ’n verskil in die wêreld kan maak.

Ons wil hierdie jaar as ’n geloofsgemeenskap mekaar toerus, ondersteun en uitstuur om ’n 24/7 Christen lewenstyl te leef in die wêreld waarin ons elke dag ’n invloed uitoefen!

Ons idee oor kerk is dus nie om een of twee persone af te vaardig om namens ons God se sending na die wêreld te vat nie. Ons verstaan onsself as ’n familie waarin elkeen ’n draer is van God se hemel na mense wat elke dag ons pad kruis. Dit is wie ons is. Ons saamwees deur die week en veral op Sondae moet ons help om aan God die eer te bring, saam toegerus te word en mekaar te ondersteun sodat ons hierdie identiteit kan leef!

Ons vra van jou 5 uitdagings om ernstig te oorweeg hierdie jaar:

1. Eet saam met iemand wie jy nie gewoonlik sou oornooi nie.2. Steek ’n grens oor na ’n ander persoon of konteks.3. Woon ’n Lewenskunskursus by en verryk jouself.4. Skryf vir ons iets neer van jou ervaring van God in jou lewe.5. Probeer iets nuuts en anders in die gemeente.

Ontdek saam met almal in ons geloofsfamilie wat die Here doen in ons lewens en deur ons in ander se lewens. Onder-soek die kern idees in jou lewe oor die Here, kerk-wees en hoe jy die hemel aarde toe bring! Ons hoor graag van jou!

Dr Zander van der Westhuizen

1 Eet Ek gaan vriende buite die gemeente nooi vir ete (wat nog nooit by ons geëet het nie)!2 Grense Ek gaan moeite doen om by die VGK gemeente naby Soweto ’n be-soek af te lê en daar met die mense te kuier.3 Kursus Ek gaan hierdie jaar ’n kort kursus oor emosionele intel-ligensie bywoon by TUKS.4 Skryf iets neer Ek gaan ’n gedig of ’n kort vertelling oor wat die Here doen in my lewe hierdie jaar neerskryf en dit op my BLOG plaas. Ek gaan ook ’n paar nuwe liedere komponeer.5 Probeer iets nuuts Ek gaan die Chinese diens bywoon as Jan daar preek en ek iets kan verstaan!

Zander

1 Eet Met my tuinman en huis-hulp lekker gaan uiteet by Baobab!2 GrenseAs gesin ’n uitreik doen na behoeftiges.3 Kursus Ek wil vanjaar ’n 7-dae bege-leide retreat meemaak.4 Skryf iets neer Drie gedigte vir die digbun-del vir die Kunsteweek skryf.5 Probeer iets nuuts ’n Meesters Atleliek byeen-koms deelneem en my eerste sokker wedstryd by-woon!Immanuel

Page 2: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

2

RedaksioneelEk hoop die nuwejaarspad wat jy tot dusver geloop het, vir jou ’n mooi lewensreis ervaring was. Met hierdie eerste uitgawe van Kleinkroniek in 2010 val die klem op hoe ek heel prakties elke dag van die week (24/7) my christenskap kan uitleef waar ek ookal is. Die bedoeling is nie net om te kyk hoe ek dit vir ’n week kan volhou nie, maar hoe dit deel van my lewewyse kan word. Lees ook van al die hier en daar goeters wat die afgelope tyd in die gemeente oral gebeur het en moenie ver-geet om gereeld ons gemeente webblad te besoek by www.nglynnwood.co.za. Die gemeentenuus daarop is so vars, die ink vloei nog as jy daaroor vee.GroetnisJohann Voges

PRISMA WATERl Gesuiwerde minerale water!l GEEN bakterieë, swaar metale, hormone, skadelike chemikalieë!l Bring jou eie houers en hervul vir net 70c per liter!l Suiweraars en filters ook te koopl Gebottelde water ook beskikbaar teen goeie pryse: 500ml @ R 3-00 elk 5 Liter @ R 9-00 elk 10 Liter(met kraantjie) @ R 120-00 elk 25 Liter(met kraantjie) @ R 140-00 elkl Ys, gemaak van die gesuiwerde water! @ R 6-00 per pak

Joan Kriek Lynnburnstraat 69, Lynnwood Manor012 365-2590 [email protected]

1 Eet Ek wil ’n uit-eet en stukkie bederf reël vir ons Ekurhuleni koorkinders wat die afgelope twee jaar by ons oorslaap met hul kooroptrede in die gemeente.2 Grense In hierdie maand word ek en Mart oupa en ouma... en ons uitdaging gaan wees hoe om vir klein Joshua ’n rede te kan gee om die gelukkigste kleinkind te kan wees.3 Kursus Ek wil hierdie jaar ’n fotografie- kursus bywoon.4 Skryf iets neer Ek droom om in 2010 my eerste boekietjie geskryf te kry oor my vurk innie pad preke in Lynnwood.5 Probeer iets nuuts Ek is besig om my voor te berei om saam met ’n klomp bikers Augustus-maand blomme in Weskus te loop kyk.

Johann

1 Eet Ek het ’n interessante per-soon by die gym ontmoet wat ek reeds vir ’n ontbyt genooi het.2 Grense Die grens wat ek wil oor-steek is om met mense kon-tak te maak, uit die gryse verlede.3 Kursus Hierdie jaar gaan ek ’n kur-sus oor Ou Testament predi-king bywoon.4 Skryf iets neer Miskien moet ek tog naas die stukkies op die blog van die gemeente weer ’n gedig skryf.5 Probeer iets nuuts Die Chinese diens is lank uitstaande - iewers in 2010 wil ek een so erediens gaan bywoon.

Peet

Satan teen die herwinningsdrom

Immanuel van Tonder

Een oggend sien ons die oranje herwinningsdrom by die kerk het die word “Satan” op! Iemand het later baie kreatief die woorde “is bang vir Jesus” bygevoeg. Die aangrypendste was egter toe ek ’n dag later twee studente van ons Nuwe Generasie bediening kry wat besig is om die lelike grafitti met terpentyn en lappe af te haal! Ek het vir Marius du Preez en Dicky Talma gevra wie aan hulle die opdrag gegee het om dit te doen. Ek was weer eens positief verras toe hulle vertel dat hulle dit sommer met eie initiatief gedoen het. Dis nou Koninkrykswerk!

Page 3: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

3

Die uitdagings is ’n uitnodiging om by iets prakties en opwindends betrokke te raak en ek meen dit gaan resultate in die gemeentelewe en lidmate se persoonlike lewens tot gevolg hê, wat ons ons moeilik kan voorstel. Ek sien daarna uit om te sien wat dit in my eie lewe gaan meebring.Die minste wat ek wil doen is om:1 Eet Al doen ons dit reeds en geniet dit baie, sal ons verder gaan en minstens eenkeer ‘onwaarskyn- likes’ nooi vir ete.2 Grense Daar is so baie geleenthede om grense oor te steek, maar ek sal graag met iemand uit ’n totaal an-der kerklike, of politieke, of kulturele agtergrond as ek wil gesels om hulle groep beter te verstaan.3 Kursus Ek hou daarvan om kursusse buite die teologiese en kerklike wêreld by te woon om die wêreld waaraan ek min blootstelling het, maar baie lidmate in leef, beter te leer ken en sodoende me-degelowiges se leefwêrelde te verstaan. Ek wil minstens een so ’n kursus bywoon.4 Skryf iets neer Ek gaan van ervaringe en wat ek teëkom in my leeswerk, skryf op ons webblad. 5 Probeer iets nuuts Ek is verantwoordelik gemaak vir die Pastoraat in die gemeente. Ons gaan iets nuut doen in terme van ondersteuningsgroepe en toerusting. Dis waar meeste van my energie sal ingaan. Die nuutheid en ‘andersheid’ daarvan en om lidmate daarby betrokke te kry, maak my opgewonde.

’n Heelwordgeleentheid vir geskeides of persone

in die proses van egskeidingPieter Oosthuizen

Ons bied weer van 15 April af op Donderdagaande om 18:00 ’n begeleidingskursus vir geskeides, of persone wat in die proses van skeiding is, of dit selfs oorweeg, aan. Dit duur elke aand vir 1.5 tot 2 uur en strek oor min of meer 12 weke. Persone wat belangstel kan met my of Petro Barnard skakel. (Pieter 082 579 1125 Petro 082 572 1469)

Die begeleidingskursus vir geskeides word sedert 1994 elke jaar aangebied in die gemeente. Mense wat reeds die kursus deurloop het, vertel vir ander wat hulle ervaar het en nuus oor goeie ervarings versprei vinnig. Ons is dankbaar dat ons die diens kan lewer en aan persone uit verskillende gemeentes, kerke, selfs ander stede en dat hulle kan ervaar wat die liefde van die Here vir mens kan beteken.

Deur die bank getuig mans en vroue wat die kursus bygewoon het dat hulle weer hoop gekry het, ’n nuwe greep op hulle lewe en dat die stukkend weer kon begin heelword. Omdat Petro Barnard, ons Ring se maatskaplike werker, mede-aan-bieder van die kursus is, het enkelouers die geleentheid om haar te betrek wanneer hulle kinders enige probleme het.

Dis aangrypend om te sien hoe nuwe vrienskapsbande ge-smee word, die groep amper soos ’n omgeegroep begin funk-sioneer. Baie groeplede kom nog baie lank na die afsluiting van ’n groep bymekaar en bly mekaar ondersteun.

Ons help geskeides om insig te kry in wat met hulle gebeur het en hoe om die gevoelens en gebeure in die toekoms te hanteer. Ons praat oor die verhouding met die gewese le-wensmaat en kinders. En omdat so baie skade aangerig word tydens ’n egskeiding, praat ons oor selfbeeld, depres-sie, kommunikasie en konflikhantering. Ons gesels ook oor die gesin van herkoms, temperamente en oor wanneer mens gereed sou wees vir ’n nuwe verhouding. Al hierdie onder-werpe is ook waardevol in mens se verhouding met jou kinders, by die werk en met familie en vriende.

Pieter

In die Here se groot liefde gee Hy aan ons die geleentheid om ander toe te rus met vaardighede om tot Sy eer en met vreugde te leef, ook onder traumatiese omstandighede.

Donderdagaande word lekker gesels, gelag, gehuil en word ons krisisse groeigeleenthede. Die lekkerste is om te sien hoe die vreugde, drome en hoop weer werklikheid word in kur-susgangers se lewens.

André De KlerkProkureur Notaris & Aktevervaardiger

Attorney Notary & Conveyancer

ANDRIES TOBIAS WIESE DE KLERK BA.LLB.LLM CERT. DEP.lynndower law chambers,

die rand 341, lynnwood, pretoria, 0081 posbus 35205, menlopark, 0102

tel (012) 365 2512/3/4/5 en (012) 348 6676

sel 082 466 0640 faks (012) 365 2509 / 086 654 0196

e-pos [email protected]

Page 4: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

4

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenerasieNuweBesef wat jy bely en gaan

leef dan wat jy bely!Valize Scholtz

Op 31 Januarie het die eerste van drie belydenisafleggings vir die jaar tydens NG Lynnwood se aanddiens plaasgevind. Belydenisaflegging bly een van daardie hot topics van be-spreking en kontroversie bloot omdat daar so baie mense is wat voel dat belydenisaflegging jongmense se kaartjie is om die kerk te verlaat.

Hoe dink die Christene daar buite op straat oor belydenis-aflegging? ’n Paar gedagtes wat in lukraak onderhoude na vore gekom het, is die volgende:

‘Ek onthou my belydenisaflegging en dit het vir my iets beteken.’‘Die beste belydenis wat jy kan lewer is deur jou lewe.’‘As jy belydenis af gelê het moet dit wys in jou lewe. Anders raak die proses van belydenisaflegging net nog ’n proses.’‘Besef wat jy bely en besef dat jy ’n commitment maak voor die Here en voor die hele kerk.’

Ek kry nogal die idee dat daar ’n positiewe gevoel oor be-lydenisaflegging heers, maar dat ’n mens definitief nie die erns en commitment-faktor daarvan moet onderskat nie. Be-lydenisaflegging gaan nie eintlik oor die geleentheid van be-lydenisaflegging nie. Dis nie einde van 11 jaar se kategese soos matriekeindeksamen die einde van 12 jaar se skool is nie. Dis in werklikheid die begin van ’n nuwe pad, ’n nuwe avontuur waarin ’n belydende lidmaat kies om anders te lewe as almal anders.

Belydenisaflegging mag dalk vir baie van ons soos ’n spring-die-hel-vry-gaan-hemel-toe versekeringspolis voel of gevoel het toe ons belydenis afgelê het. ’n Goeie belegging om te maak vir jou toekoms, want ’n ewigheid is darem ’n baie lang tyd en ons sal almal sal verkies om dit in die nie-rook gedeelte deur te bring. Maar die waarheid is dat ware be-lydenis daaroor gaan om ’n leefstyl te lewe wat die hemel aarde toe bring, hier en nou!

Dit pas so mooi aan by ons gemeente se visie van 24/7-Chris-tene wees. Elkeen van ons is elke besig om te bely dat ons in God glo deur die manier wat ons optree in die plekke waar ons elke dag beweeg: by die skool, op kampus, by jou werk-plek, op straat.

Hoe meer ek daaroor dink hoe meer besef ek belydenisafleg-ging is eintlik soos ’n uitstuur geleentheid voor ’n uitreik. Aan die een kant is dit ’n plek vir jongmense om ’n doelbewuste besluit te maak om God te dien in alles wat hulle doen. En dan kom my gunsteling deel van belydenisaflegging – dis ’n kans vir ons almal wat in die banke bly sit om ongeveer 20 jongmense uit te stuur om te gaan lief wees vir mense in ’n wêreld wat so desperaat is vir Jesus se liefde.

Belydeniskamp 2010 - hande was en hande vat

Valize Scholtz

Soms raak dit vir ons so nodig om bietjie te ontsnap uit die wêrel-de waarin ons dag vir dag rondbeweeg. Dis hoekom dit vir ons so lekker was om die graad 11’s vir die naweek van 5 tot 7 Februarie te kon ontvoer na ’n stukkie Bosveld sonder selfoonsein, DSTV, playstation, Facebook en mxit. Die geleentheid? NG Lynnwood se jaarlikse Belydeniskamp by Bayete avontuurterrein.

Vir die eerste keer in baie jare kon ons reeds die Vrydag al vertrek en dit was so ’n voorreg om ’n ekstra aand saam met die jong-mense te kon spandeer. Ons kon die aand gebruik om bietjie by mekaar se stories stil te staan. Eers het die predikante wat saam gegaan het (Immanuel van Tonder, Johann Voges en Zander van der Westhuizen - dankie aan die predikante vir julle opoffering om saam te gaan!) bietjie iets van hulle lewensstories gedeel. Daarna het die jongmense in kleiner groepe iets van hulle eie stories vir mekaar vertel.

Regdeur die kamp het ons geseënde tyd in die Here se teenwoor-digheid spandeer tydens lofprysing. Dankie aan Willem, Theo en

Page 5: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

Ruimtekat kom kuier Ruimtekat is ’n gereelde besoeker by NG Lynnwood se gesinsdienste. Hy is nie sommer ’n gewone kat, wat in die nag op mens se tuinmuur staan en miaau nie. Omdat hy uit die ruimte kom is hy sommer baie slim! Hy en tannie Isabelle kom gereeld saam kuier. Hy deel gewoonlik sy wyshede met ons terwyl tannie Isabelle vir ons die heer-likste stories vertel.

Op die foto sit Ruimtekat in sy rugsak. Volgens hom sit hy sommer bo op sy goeters, want (en ek haal aan) ‘deesdae kan mens niemand meer met jou bagasie vertrou nie’.

Dit laat my dink aan die fliek Up in the air. George Clooney se karakter waarsku mens om nie te veel materialistiese dinge in jou rugsak te plaas op jou lewensreis nie. Dit maak jou rugsak swaar en die reis moeilik.

Ds Immanuel het juis die dag wat Ruimtekat kom kuier het, so mooi met ons gepraat oor Psalm 46:8 Why is everyone hungry for more? ‘More, more,’ they say.‘More, more.’ I have God’s more-than-enough, more joy in one ordinary day than they get in all their shopping sprees. At day’s end I’m ready for sound sleep, for you, God, have put my life back together. Uit: The Message

Hy het ons ook geleer om nie ons lewensreis aan te pak met te veel ‘bagasie’ nie, maar eerder ons rugsakkies vol van God te hou. Mag jy ook God se more-than-enough elke dag ervaar.

Geniet die reis!

Lindy Jordaan

5

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenerasieNuwe

Liesel van die band wat dit moontlik gemaak het! Saterdagoggend het ’n klomp Open space gesprekke die lig gesien en hulle kon almal saam gesels oor onderwerpe wat vir hulle op hierdie stadim relevant is.

Saterdagmiddag het verby gevlieg tussen deur boeresport, die modderige hindernisbaan, swem en sokker speel. En die aand was weer een van daardie spesiale aande wat ons so dikwels op kampe in Lynnwood regkry waar die jongmense iets kon ervaar van genade, Geestelike disipline en community. Ons het saam ge-bid, mekaar se hande gewas en saam nagmaal gehou.

Dit was lekker om die groep Graad 11’s die naweek te kon dophou. Veral om Saterdagaand te sien dat hierdie groep nie net mekaar se hande gewas het nie, maar ook mekaar se hande geneem het om hierdie jaar ’n pad met saam met mekaar en die predikante te stap om te kan groei na Geestelike volwassenheid.

Page 6: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

6

Aan die einde van 2009 het Lynnwood gehelp om ’n partytjie te hou vir ons kinders in Nellmapius – hulle wat deur die Heartbeat versorg word.

Een van die care workers Lodwick, se kontrak van ’n jaar gelede het verstryk by Heartbeat. Om hom te help het ons onderneem om hom nog vir 6 maande te help. Ons het hom gestuur na ’n kur-sus by Scripture Union en hy het ’n paar keer die godsdiens gelei by die naald-werkklasse.

Die matrieks is geneem vir ’n ete by die Spur, net na afloop van hulle eksamens, op 27 November 2009.

Lynnwood was ook betrokke by ek-stra wiskunde-klasse wat op Saterdae aangebied is. Dit wil ons graag uitbrei na nog skoolkinders van die ander grade ook vanjaar. Sover het studente van Tuks wat gemeenskapsdiens moet doen die klasse aangebied. Ons vra dringend dat enigeen wat kan kom help ons tog moet skakel.

Vir Abe, ons baie kosbare care worker het ons ’n fiets gekoop, waarmee hy soveel makliker oor die weg kom.

Dus, die naaldwerkklasse vir die Oumas en die care workers gaan aan deur Ko-bie Greyling, Bettie Hammann en Marié Behr. Van nou af wil ons ook meer kon-sentreer om hulp en bystand vir veral die hoërskoolkinders.

Kobie Greyling, Bettie Hammann en Ma-rié Behr is by die naaldwerkklasse. Ko-bie is egter by die hele projek betrokke. Sy ken elkeen en weet wat die behoeftes is, dus ís sy Heartbeat – Nellmapius!

Selma du Preez – 012 361 1626

Heartbeat - Nellmapius

Page 7: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

7

Tabita Afsluitingsfunksie

November 2009

Soos elke jaar was Tabita se afsluiting weer ’n jolige geleent-heid, hierdie jaar net nog meer so.

Kom ons begin sommer by die skriflesing. Johanna lees in Tswana, Lizzie vertaal vrylik in Afrikaans. Johanna bid in Tswa-na, Lizzie in Afrikaans. Die twee se tweespraak werk pragtig, almal luister met oop ore.

Elkeen wat vorentoe kom om haar sertifikaat te kry, vertoon haar klere wat sy gemaak het, op ’n baie spoggerige en drama-tiese wyse – die skoene, die hoed, die bykomstighede, alles swaai en draai en skitter. As hulle ‘inkom’ al toi-toiende, kan hulle nie ophou nie. Hulle sing en dans, hulle draai en hulle swaai.

Die eetgoed is oorvloedig. Aan elkeen wat hulle aan kon dink word ’n geskenk gegee met ’n druk ’n omhelsing.

Soveel lewensvreugde, soveel uitbundige geniet en vertrou van hulle hande-arbeid en veral die vreugde van ‘ons doen dit saam, ons tél ook, ons het elkeen iets moois gemaak. En vandag mag ek dit wys, mag ek dit uitjubel.

Elkeen word gegroet, ’n geseënde Kersfees toegewens, en... “sien jou weer Februarie 2010’

Selma du Preez – 012 361 1626

Die Dans van DankbaarheidVyftig vrouens wat hande in die lug dans om die Here te dank vir die geleentheid om te kan leer lees en skryf – word ’n won-derlike en geseënde gesig!

Donderdag, 3 Desember 2009 was die jaarlikse afsluitingsfunk-sie van ons gemeente se tak van die NG ABET CENTRE wat vier keer per week in die aand in die kategese lokale bymekaar kom om te leer lees en skryf.

Hierdie vrouens kry nie net geletterdheidsklasse nie, maar ook selfvertroue en eiewaarde. Ms Mary Khwebane, die hoof van Abet Centre by ons kerk, het drie educators wat haar help, elke aand, sonder vergoeding. Hulle is Sheila Makhoba, Norah Malekoane en Lulu Malema.

Hulle bedank ons gemeente vir warm, veilige en skoon lokale waarin hulle kan leer. Hierdie vrouens en die onderwyseresse is almal huiswerkers uit ons gemeenskap – mense wat graag self wil geld trek by die bank, vorms invul, wat graag koerante wil kan lees en aanwysings op produkte wil verstaan – wat graag hulle eie name wil skryf.

Ons dank die Here vir almal wat op soveel maniere hierdie pro-jek help bestuur!

Mary Khwebone – 083 498 1240Selma du Preez – 012 361 1626

’n Dame is op soek na ’n betrekking as versorger van verswakte bejaardes. Sy het uitgebreideondervinding en kan getuigskrifte en verwysings voorsien.

Skakel asseblief vir Reneé Rall by084 486 1003.

Boomsloping en snoei van bome en struike. Kontak Ernst 083 656 4992

U langspeelplate, 78’s en klankkassette – op CD!U video’s (bv trou- en vakansievideo’s) – op DVD!

Kleurskyfies en foto’s – op CD of DVD!U CD-snitte omgeskakel – na mp3

012 542-1449. Marié: 083 611 0317 of Chris: 083 604 8167

ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES

Page 8: Kleinkroniek 1ste Kwartaal 2010

8

In Lynnwood Oord is wysheid so beskikbaar soos klits-gras op ’n piekniekkombers.

Senior burgers kan mekaar goed waarneem, het ek al opge-merk. Oor die knorrigheid en klaerigheid en skindery van so ’n paar van hulle, merk ’n ereburger in senioriteit ernstig teenoor my op: My waarneming van die mens is, hoe ouer jy word, hoe meer word jy soos wat jy is.... Mag ek nie te oud word nie!

Namiddag sit ’n nuwe inwoner op sy stoep en kyk na die mense wat voor hom op die paadjie wandel. Hy meen dat dit nogal ’n gesig is en ek moet saamstem. Party loop met stootkarretjies, hier en daar word iemand in ’n rystoel deur ’n krom eggenote gestoot, ander druk hulle kieries skeef om regop te bly, ’n ver-sorger loop saam met ’n werklik waardige dame om te help onthou waar sy bly sodat sy nie weer in die buurvrou se klere-kas invaar nie. Dit werk mos so: Party mense word van onder ouer, ander van bo en sommiges sommer vanuit al die rigtings. Diep filosofies kyk hierdie nuwe en sterk inwoner na die toneel voor hom en merk op: Hulle sê dat as jy op jou sterfbed lê, gaan jou verlede by jou verby. Maar hier waar ek nou sit, loop my toekoms verby.

Hier is mense wat op hulle dag net met ’n u aangespreek is, maar nou het hulle Oom en Tannie, geword. Eens het hulle baie gehad: status, geleerdheid, geld, gesondheid, lewens-krag. Baie van die dinge wat hulle gehad het, is nou eiendom van die verlede. Wat nou uit die verf kom, is wie hulle werklik is, nie wat hulle het nie. En watter mooi mense is hier nie!

Beteken ’n predikant hier iets? Die Voorsitter van die Oord se Raad (en ’n gewaardeerde ouer vriend) prof Samuel Lombard, bel my nou eendag om te verduidelik hoe min ek beteken. Die gesprek was min of meer so:

S: Johan, ek bel om te hoor of jy dink dat jy ’n inpak het by die Oord.Ek: (versigtig en agterdogtig): Ek weet nie oom Samuel, maar ek hoop ek beteken iets. Hoekom?S: Onthou jy dat Tannie K by vanoggend se begrafnis was?Ek: Ja... sy het redelik voor gesit.S: Wel, ná die tyd, met die verversings, skep sy haar bordjie vol en sê vir Sannie: Hierdie eetgoed is werklik lekker. Mag ek weet wat is die okkasie?Ek (nou verbaas): Wil u my sê sy het vergeet van my preek? (In my gedagtes: ... waaraan ek so hard gewerk het.)S: Ja. En dan dink jy, jy het ’n inpak....

Hier word mens nederig.

Maar moenie vir ons lag nie. Soos ek graag vir my vername vriende sê: Ons wag vir jou by Die Oord.

Johan Jooste

Lynnwood Oord se wyse grysheid

Gasvryheid Die Gasvryheidsbediening het sommer afgeskop met twee verwelkomingstee’s hierdie jaar! Die een aan die ge-meente en die tweede aan die nuwe lidmate wat sommer gou welkom gevoel het.

Verwelkomings teeOns Gasvryheidsbediening stel ’n bou-tema voor, bv bou aan verhoudings, liefde, geloof, vriendskap, selfbeeld, ge-sinsbou, ens. om saam te val met ons gemeente se tema vir hierdie jaar.

Nuwe Lidmate-tee Daar was ’n groot groep nuwe lidmate wat almal heerlik saam gekuier het – baie welkom!