23

Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober
Page 2: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

1

Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die

voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering

N. Welthagen SNI Oktober 2019

Oorsig

Hierdie verslag behels die navorsing wat deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) as opvolg ondersoek in Oktober 2019 gedoen is. Die eerste studie het in Julie 2018 plaasgevind om gesondheidsorgwerkers se opinie, kennis en vermoë om die NGV te akkommodeer, te bepaal. Die proses om die NGV van stapel te stuur is verder gevoer nadat die voorgestelde wetsontwerp in Augustus ingedien is en daar weer op 25 Oktober openbare deelname daaroor sal plaasvind. As deel van Solidariteit se volgehoue verset teen die implementering van die NGV en hul voorbereiding om reeds hofstukke in te dien as kommentaar, is daar besluit om hierdie navorsingstudie te herhaal en die steekproef te verbreed. Waar die 2018 studie slegs Solidariteit-lede ingesluit het, is vraelyste in 2019 na gesondheidspraktisyns in die privaat- sowel as die openbare sektor, reg oor die land gestuur. ʼn Wye veld van mediese beroepe is ook gedek in ʼn poging om die resultate van die studie wyer as Solidariteit se ledebasis te kan veralgemeen.

Uit die resultate van die 2018 studie en ander berigte wat sedertdien oor die NGV in die media verskyn het, het dit duidelik geblyk dat veral gesondheidsorgwerkers in hul privaat hoedanigheid nie voel dat daar genoeg met hulle gekonsulteer word of dat hul opinies en sieninge sowel as voorstelle rondom die NGV gehoor of in ag geneem word nie. Dit is ʼn verdere rede waarom daar besluit is om die navorsing in 2019 te herhaal. Die resultate moet die stem van die algemene gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika kan verteenwoordig.

Daar is ʼn uitnodiging om aan die studie deel te neem na 7443 gesondheidsorgpraktisyns uitgestuur en 651 respondente het die aanlyn vraelys ingevul. Dit dui op ʼn byna 9% terugvoersyfer en voldoende om geldige en betroubare resultate te kan verkry. Die resultate van die 2019 studie verifieer, bevestig en verdiep ook die bevindinge van die 2018 studie (dieselfde vraelys is in beide gevalle gebruik). Die navorsing volg ʼn gemengde kwalitatiewe/kwantitatiewe navorsingsmetodologie en die steekproef kan as ʼn nie-ewekansige gerieflikheidsteekproef beskou word. Atlas en SPSS is vir data-ontleding gebruik.

Die resultate van die navorsing sal aan Solidariteit strategiese kundigheid verleen om daardeur sy lede en mede Suid-Afrikaners op hoogte te hou en te ondersteun rondom aspekte van die implementering van die NGV.

Die bevindinge dui daarop dat daar wantroue teenoor die regering is rondom hoe hulle die NGV wil implementeer en bestuur. Volgens die resultate van hierdie verslag glo die respondente nie dat die NGV die gesondheidsorgstelsel en dienslewering sal kan verbeter nie. Volgens hulle kan die implementering van die NGV gesondheidsorg in Suid-Afrika destabiliseer asook die kwaliteit en hoë gehalte diens wat reeds deur die privaatsektor gelewer word, benadeel.

Page 3: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

2

Inhoud Inhoud ............................................................................................................................................................................................. 2

Lys van figure ............................................................................................................................................................................... 3

Inleiding ......................................................................................................................................................................................... 4

Metodologie ................................................................................................................................................................................. 4

Resultate ........................................................................................................................................................................................ 5

Demografie .............................................................................................................................................................................. 5

Hoe ingelig die respondente is ............................................................................................................................................ 8

Algemene opinie ..................................................................................................................................................................... 8

Sieninge oor die implementering van die NGV ............................................................................................................... 9

Impak op gesondheidsorgwerkers en die publiek ........................................................................................................ 10

Emigrasie ............................................................................................................................................................................... 11

Vir wie moet ʼn gesondheidsorgwerker werk? ............................................................................................................... 12

Gesondheidsorg krisis? ....................................................................................................................................................... 13

Hoe voorbereid praktyke is om die NGV doelwitte te akkommodeer .................................................................... 16

Kommentaar en voorstelle .................................................................................................................................................. 17

Samevatting ............................................................................................................................................................................... 21

Bronne ......................................................................................................................................................................................... 22

Page 4: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

3

Lys van figure

Lys van figure Figuur 1 Geslag, mediese veld, ouderdom en provinsie ................................................................................................................... 5

Figuur 3 Plek van werk / Place of work ............................................................................................................................................... 7

Figuur 4 Vlak van kennis en ingeligtheid oor die NGV ..................................................................................................................... 8

Figuur 6 Algemene opinie ........................................................................................................................................................................ 8

Figuur 7 Aspekte van die implementering van die NGV .................................................................................................................. 9

Figuur 9 Vir wie moet gesondheidsorgwerkers werk? .................................................................................................................... 12

Figuur 10 Redes vir ʼn gesondheidsorgkrisis ..................................................................................................................................... 13

Figuur 11 Tot welke mate NGV doelwitte geakkommodeer kan word ...................................................................................... 16

Page 5: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

4

Met die implementering van die NGV poog die staat om twee kritieke probleemareas in die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgsektor te herstel, nl. die ongelyke verspreiding van kwaliteitgesondheidsorg en die feit dat mediese fondse en privaat mediese dienste onbekostigbaar duur vir die meerderheid van die bevolking is8. Volgens die staat is kwaliteitgesondheidsorg slegs vir rykes toeganklik en bekostigbaar, terwyl armer mense nie tot dieselfde dienste en kwaliteitsorg toegang het nie. Die NGV sal ʼn staatsgereguleerde nasionale gesondheidsfonds wees wat poog om essensiële gesondheidsorg en algehele dekking vir alle Suid-Afrikaners op gelyke vlak voorsien. Die voorstel is dat dit in fases tot en met 2026 geïmplementeer sal word. Baie onduidelikheid en vrae bestaan rondom hoe die mediese dekking gestruktureer gaan word, watter siektetoestande gedek gaan wees en tot hoe ʼn mate, hoeveel belastingbetalers maandeliks sal moet bydra, wat van huidige mediese fondse gaan word en hoe die strukture en kontraktering met gesondheidsorg personeel gaan lyk.

Solidariteit het ʼn opname onder die gesondheidsorgwerkers landwyd in Suid-Afrika gedoen om te bepaal hoe ingelig medici is, wat hulle opinie van die voorgestelde NGV is, hoe hulle bereid sal wees om daarby aan te pas en hoe gerat hulle is om die NGV-doelwitte te akkommodeer.

Hierdeur sal Solidariteit as drukgroep en vakbond groter duidelikheid en strategiese insig verkry oor hoe om sy lede en mede-Suid-Afrikaners in te lig, te ondersteun en te beskerm rondom aspekte van die NGV.

Hierdie studie is ʼn beskrywende-opname-metode, waar daar gebruik gemaak is van gemengde kwantitatiewe/kwalitatiewe ontwerp en dataverwerkingsmetodes en kan as ʼn verkennende studie beskou word. ʼn Nie-ewekansige gerieflikheidsteekproef is geneem deur ʼn uitnodiging om aan die studie deel te neem na 7443 gesondheidsorgpraktisyns uit te stuur. 651 respondente het die elektroniese vraelys gedurende Oktober 2019 ingevul. Dit dui op ʼn byna 9% terugvoersyfer en voldoende om geldige en betroubare resultate te kan verkry. Die resultate van die 2019 studie verifieer, bevestig en verdiep ook die bevindinge van die 2018 studie (dieselfde vraelys is in beide gevalle gebruik). Atlas (Kwalitatiewe data ontleding program) en IBM SPSS (Statistical Package for the Social Sciences) is vir data-ontleding gebruik. Kwalitatiewe data-ontleding in die vorm van inhoudsanalise is op die ATLAS-program uitgevoer.

Inleiding

Metodologie

Page 6: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

5

Demografie

Figuur 1 Geslag, mediese veld, ouderdom en provinsie

Resultate

Algemenepraktisyn /

Generalpractitioner

Spesialis /Specialist

Ander / Other

25.8%19.1%

55.1%

Mediese veld / Work area

Manlik / Male, 40.6%

Vroulik / Female, 59.4%

Geslag

Manlik / Male Vroulik / Female

Noord-Kaap / Northern Cape

Limpopo

Oos-Kaap / Eastern Cape

Mpumalanga

KwaZulu-Natal

Vrystaat / Free State

Noordwes / North West

Wes-Kaap / Western Cape

Gauteng

2.3%

3.0%

4.5%

4.8%

5.0%

5.9%

8.9%

12.3%

53.3%

Provinsie / Province

20 - 30 jaar /years

31 - 40 jaar /years

41 - 50 jaar /years

51 - 60 jaar /years

61 - 70 jaar /years

Ouer as 70 jaar/ Older than

70 years

7.2%

16.5%

31.8%

26.3%

15.4%

2.8%

Ouderdom? / Age

Page 7: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

6

Meer vroue (59.4%) as mans (40.6%) het aan die studie deelgeneem. Meer as die helfte van die respondente (58.1%) is tussen 41 jaar en 60 jaar oud. Net meer as die helfte (53.3%) is in Gauteng werksaam, maar die res van die provinsies is proporsioneel goed verteenwoordig in terme van verspreiding van gesondheidsorgwerkers oor die hele land.

Net meer as ʼn kwart (25.8%) van die respondente het aangedui dat hulle algemene praktisyns is, terwyl 19.1% spesialiste is en 55.1% in die “ander” kategorie van mediese velde ingedeel kan word. In Tabel 1 hieronder word ʼn uiteensetting van al die mediese velde en beroepe wat in die studie verteenwoordig is, uiteengesit.

Tabel 1 Verwante mediese beroepe

Beroep Aantal % Geregistreerde / professionele verpleegkundige 63 17.7%

Verpleegkundige 50 14.0%

Verpleegbestuurder 9 2.5%

Verpleegsuster 5 1.4%

Aptekers en Aptekersassistente 50 14.0%

Medies administratief 36 10.1%

Radiografis / Radioloog / Stralingsterapeut 15 4.2%

Mediese Fonds konsultant / admin 14 3.9%

Mediese tegnikus / tegnoloog 12 3.4%

Paramedikus 10 2.8%

Fisioterapeut 7 2.0%

Tandarts / Tandarts assistent / Mondhigiënis 7 2.0%

Finansies 6 1.7%

Sielkundige 6 1.7%

Arbeidsterapeut 5 1.4%

Maatskaplike werker 5 1.4%

Hospitaal en toerusting onderhoud 4 1.1%

Praktykbestuurder 4 1.1%

Spesialis in opleiding 4 1.1%

Lektor gesondheidspraktisyns 4 1.1%

Beroepsgesondheid 2 0.6%

Biokinetikus 2 0.6%

Oudioloog / Gehoorapparaat Akoestikus 2 0.6%

Dieetkundige 2 0.6%

Behalwe algemene praktisyns en spesialiste is daar 30 mediese beroepe in die studie verteenwoordig. Meeste van die respondente wat nie algemene praktisyns of spesialiste is nie, is verpleegkundiges (35.7%). 14% is aptekers of aptekersassistente en 10.1% is Administratiewe personeel.

Die steekproef bestaan uit ʼn goeie verteenwoordiging van ʼn wye verskeidenheid mediese personeel en beroepe.

Page 8: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

7

Figuur 2 Plek van werk / Place of work

Die meeste respondente (80.2%) is of in privaat praktyke of by privaat hospitale werksaam. Slegs 9.2% is in staatshospitale werksaam. Daar moet ook in ag geneem word dat baie praktisyns in verskeie werksomgewings kan werk.

Eie praktyk

Privaat hospitaal

Staatshospitaal

Privaat kliniek

Apteek

Mediese fonds en verwant

Staatskliniek

Universiteit / opleidingsinstansie / akademies

Aftree Oord / sorgsentrum

Patoloë

Privaat diens (tuisversorging, gesondheidsorg)

Kliniek by Universiteit, skool, kerk, korporatief of NGO

Bedryfsgesondheid of medies verwant by n myn groep

Privaat ambulans of nooddienste

Laboratorium

Farmaseutiese maatskappy

Verskaffers van toerusting of dienste aan hospitale

Beroepsgesondhied (op kliente se "sites")

Dialise eenheid

Sielkundige kliniek

Navorsing

Privaat Onkologie maatskappy

Privaat Radiologie praktyk

Dagteater / dagkliniek

41.1%

39.1%

9.2%

6.9%

2.9%

2.0%

1.5%

1.5%

1.1%

0.9%

0.9%

0.8%

0.8%

0.8%

0.6%

0.5%

0.5%

0.3%

0.3%

0.3%

0.3%

0.3%

0.3%

0.3%

Plek van werk / Place of work

Page 9: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

8

Hoe ingelig die respondente is

Die respondente is gevra hoe goed ingelig hulle oor die NGV in die algemeen is.

Figuur 3 Vlak van kennis en ingeligtheid oor die NGV

Meer as die helfte (56.3%) van die respondente dui aan dat hulle genoegsame kennis van die NGV het. Gedurende 2018 het 46% van die respondente aangedui dat hulle genoegsame kennis het. ʼn Kwart (25.2%) het aangedui dat hulle nie goeie kennis het nie in vergeleke met 39% in 2018. In 2018 het 9% van die respondente aangedui dat hulle geen kennis van die NGV het nie, terwyl slegs 4.8% in 2019 noem dat hulle geen kennis van die NGV het nie. Slegs 8.4% was in 2018 goed ingelig, terwyl 13.7% in 2019 goed ingelig is. Die respondente is dus in 2019 meer ingelig oor die NGV as wat hulle in 2018 was.

Die Witskrif van Junie 2018 is vaag en het ʼn tekort aan daadwerklike detail met betrekking tot die omvang, werking en implementering van die NGV. Dit beklemtoon die hoeveelheid denke, beplanning en werk daar nog voorlê tot 2026, wat die beplande datum van volle implementering van die NGV is 2.

Algemene opinie

Figuur 4 Algemene opinie

Goed ingelig (Ek volg die proses noukeurig) / Well informed(I follow the process meticulously)

Ek het genoegsame kennis (Ek lees nuusberigte oor dieNGV) / I am sufficiently informed (I read news articles…

Nie goed nie / Not well

Ek het geen kennis oor die NGV nie / I have no informationon the NHI

13.7%

56.3%

25.2%

4.8%

Hoe goed ingelig oor die NGV.How informed about the NHI

Positief /optimisties //

Positive / optimistic

Negatief / skepties// Negative /

sceptical

Neutraal /Indifferent

Ek weet nie / Idon't know

2.6%

79.7%

4.9% 5.2%

Algemene opinie oor die NGV / General opinion about the NHI?

Page 10: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

9

Byna 80% (79.7%) van die respondente is negatief of skepties teenoor die NGV. Dit is in vergeleke met 71.9% in 2018. Slegs 2.6% (teenoor 3.8% in 2018) is positief of optimisties teenoor die NGV. In 2018 was 18.6% neutraal of het aangedui dat hulle nie weet hoe hulle oor die NGV voel nie, terwyl 10.1% in 2019 so aangedui het.

Sieninge oor die implementering van die NGV

Figuur 5 Aspekte van die implementering van die NGV

Byna al die respondente (95.1%) is ernstig bekommerd oor die staat se vermoë om die NGV te bestuur en te administreer. Daarby is 91.8% ernstig bekommerd oor die staat se vermoë om betalings aan gesondheidspraktisyns betyds en effektief te kan doen. Die totale administrasie en bestuur van fondse en besluitneming sal in die hande van die staat gesetel wees. Die respondente se opinies word heel moontlik gevorm deur die waargenome wanbestuur en wanadministrasie by instansies soos Eskom, die SAL en die SAUK. Die NGV is wesenlik groter en meer kompleks, moet ʼn bevolking van meer as 55 miljoen mense bedien en ʼn magdom van kontrakte bestuur en uitvoer. Alex van den Heever, voorsitter van die Social Security Systems Administration and Management Studies by die Universiteit van die Witwatersrand, waarsku dat die NGV se administratiewe en bestuursisteem ernstig kwesbaar vir korrupsie en wanbestuur is en dat daar te veel mag in die hande van die minister is1.

Die meeste (83.3%) is ernstig bekommerd daaroor dat die staat tariewe, plek van werk, aard van diagnostiese toetse en tipe medikasie en behandeling kan bepaal en afdwing. Totale staatsbeheer impliseer dat daar beheer uitgeoefen word oor die tariewe wat per konsultasie gevra kan word, en dat die staat die toerusting, medikasie, diagnostiese toetse en plek van werk vir medici kan voorskryf. Minister Motsoaledi4 het aangedui dat daar nie meer toegelaat kan word dat daar verskillende fooie vir dieselfde dienste gevra kan word nie en dat daar eenvormige tariewe betaal moet word: "We cannot continue to run a system where people are paid differently for the same services,” Motsoaledi

2.6%

1.7%

0.3%

1.4%

0.5%

0.3%

0.2%

3.1%

2.0%

1.1%

1.2%

0.9%

0.5%

0.5%

9.3%

4.6%

4.3%

2.3%

2.2%

1.5%

1.1%

18.5%

16.4%

6.9%

7.6%

8.2%

5.9%

3.2%

66.5%

75.3%

87.4%

87.5%

88.3%

91.8%

95.1%

Dokters sal NGV-pasiënte moontlik teen 'n laer tarief soos deur die staatbepaal, moet behandel. /Doctors might have to treat NHI patients at lower

tariffs, as determined by the state.

Gesondheidsorgwerkers gaan vergoed word volgens vaste tariewe soos deurdie staat bepaal. / Healthcare workers will be reimbursed at fixed tariffs

determined by the state.

Dat daar nie genoegsame dokters, verpleegpersoneel en andergesondheidspraktisyns vir die NGV beskikbaar sal wees nie. / That there

won't be enough doctors, nurses and other healthcare practitioners availablefor the NHI.

Landsburgers sal geen keuse hê oor of hulle tot die NGV-fonds wil bydra ofnie. /Citizens won't have a choice whether they want to contribute to the

NHI fund or not.

Dat die staat tariewe, plek van werk, aard van diagnostiese toetse en tipemedikasie en behandeling gaan voorskryf. /That tariffs, place of work, type of

diagnostic tests, medication and treatment will be prescribed by the state.

Die vermoë van die staat om betalings aan gesondheidspraktisyns betyds eneffektief te behartig. /The capability of the state to make timeous and correct

payments to healthcare practitioners.

Die vermoë van die staat om die NGV te bestuur en te administreer. / Thecapability of the state to manage and administer the NHI.

Bekommernis oor aspekte van die NGV / Concerns about the NHI

Ernstig bekommerd / Seriously concerned Effe bekommerd / Somewhat concernedNeutraal / Indifferent Geen bekommernis hieroor nie / Not at all concerned about thisEk ondersteun dit / I support this

Page 11: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

10

said3. Baie respondente (66.5%) is verder ook ernstig daaroor bekommerd dat hulle heel moontlik laer tariewe per pasiënt betaal kan word.

Die skokkende tekorte aan spesialiste, dokters en ander gesondheidswerkers is alombekende feite5. Minister Motsoaledi het genoem dat daar ten minste drie keer meer dokters as wat tans in Suid-Afrika is, vir die NGV nodig sal wees1. Tans voltooi slegs ongeveer 1 200 mediese studente per jaar hulle studies en is daar ʼn tekort van ongeveer 83 000 professionele gesondheidswerkers. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het nie die kapasiteit om hierdie probleem te oorkom nie. Die meeste respondente (87.4%) is ernstig bekommerd oor die tekorte aan gesondheidsorgdiensverskaffers.

Die NGV sal verpligtend vir alle landsburgers en wettige immigrante wees6. Die meeste respondente (87.5%) is ernstig bekommerd hieroor.

Meer respondente is ernstig bekommerd oor al die verskeie aspekte van die NGV, as in 2018.

Impak op gesondheidsorgwerkers en die publiek

Tabel 2 Impak op gesondheidswerkers – Stellings waarmee die respondente saamstem of nie saamstem nie

Stem saam Die implementering van die NGV sal waarskynlik daartoe lei dat beroepslui wat private gesondheidsorg lewer, die land verlaat. The implementation of the NHI will likely lead to private healthcare professionals leaving the country. 88,7%

Die NGV kan nie suksesvol geïmplementeer word nie weens die huidige gesondheidsektore se onvermoë om doeltreffende gesondheidsorg aan die meeste Suid-Afrikaners te lewer. /The NHI cannot be implemented successfully due to the failure of the current healthcare sectors to deliver effective healthcare to the majority of South Africans. 84,6%

Die NGV het die potensiaal om die gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika te destabiliseer. /The NHI has the potential to destabilise the healthcare system in South Africa. 84,5%

Mediese fondse is onbekostigbaar vir die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking. / The affordability of medical schemes is out of reach for most of South Africa's population. 70,1%

Hoewel baie (70.1%) respondente daarmee saamstem dat mediese fondse te duur is en nie vir meeste mense in Suid-Afrika bekostigbaar is nie, is 88.7% sterk daarvan oortuig dat die implementering van die NGV daartoe kan lei dat medici wat privaat gesondheidsorg lewer kan besluit om SA te verlaat. 84.6% glo nie dat die NGV suksesvol geïmplementeer kan word nie en 84.5% is daarvan oortuig dat die NGV die potensiaal het om die gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika te destabiliseer.

Stem nie saam nie

Ek is bereid om te reis of te werk volgens die behoefte wat deur die staat bepaal word. /I am willing to travel or work according to where my services are needed, as determined by the state. 79.7%

Die NGV sal dienslewering en die lewering van gesondheidsorg verbeter. /The NHI will improve service provision and healthcare delivery. 77.6%

Die regering het genoegsaam met belanghebbendes gekonsulteer om hulle geleentheid te gee om bydraes te lewer ten opsigte van die ontwerp en beplanning van die NGV. / The government has had adequate consultations with stakeholders to give them the opportunity to provide inputs with regard to the design and planning of the NHI.

76.1%

Met die NGV sal alle Suid-Afrikaners toegang hê tot bekostigbare gesondheidsorg van hoë gehalte, ongeag hul werkstatus en vermoë om regstreeks 'n geldelike bydrae tot die NGV-fonds te maak. /Under the NHI all South Africans will have access to affordable, quality healthcare services regardless of their employment status and ability to make a direct monetary contribution to the NHI Fund.

74.0%

Die subsidiegebaseerde stelsel ingevolge waarvan diegene wat tot die NGV kan bydra, dié wat nie kan bydra nie sal subsidieer, is regverdig. / The subsidy-based system, in terms of which those who are able to contribute to the NHI will subsidise those who can't contribute, is fair.

69.2%

Page 12: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

11

Gesondheidsorgwerkers is veerkragtig, weerbaar en kreatief genoeg om aan te pas by die nuwe omstandighede wat die NGV mag inhou. / Health care practitioners are resilient and creative enough to adapt to any circumstances that the NHI may bring.

60.5%

Daarbenewens stem 77.6% nie daarmee saam dat die NGV dienslewering en gesondheidsorg in SA kan verbeter nie. Byna ʼn driekwart (74%) stem ook nie daarmee saam dat alle Suid-Afrikaners toegang tot bekostigbare en kwaliteit gesondheidsorg onder die NGV sal kan geniet nie. Die meeste (76.1%) is nie daarvan oortuig dat die regering met genoegsame belanghebbendes gekonsulteer het om bydraes van almal ten opsigte van die ontwerp en beplanning in te win nie.

Amper 70% (69.2%) van die respondente voel dat die voorgestelde subsidiegebaseerde stelsel nie regverdig is nie. Dit bepaal dat diegene wat ʼn inkomste het, proporsioneel tot hul inkomste tot die NGV gaan bydrae en die wat geen inkomste het nie en nie daartoe kan bydrae nie, dan subsidieer.

Die meeste van die respondente (60.5%) stem nie daarmee saam dat gesondheidsorgwerkers weerbaar, veerkragtig en kreatief genoeg is om aan te pas by die nuwe omstandighede wat die NGV inhou nie.

Tabel 3 Stellings waaroor die respondente onseker of neutraal voel

Ek stem saam / I agree

Neutraal / Indifferent

Ek stem nie saam nie / I don't agree

Ek weet nie / I don't know

Ek is bereid om met die regering saam te werk om 'n volhoubare Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te ontwikkel. /I am willing to work with the government to develop a sustainable National Health Insurance (NHI).

25.9% 30.2% 34.5% 9.4%

Almal het die reg tot dieselfde gesondheidsorg ongeag die mate waartoe hulle finansieël daartoe kan bydrae. / Everyone has the right to receive the same healthcare regardless of their ability to contribute financially to health care.

42.4% 20.8% 34.0% 2.8%

ʼn Derde (30.2%) van die respondente is neutraal oor die vraag of hulle bereid sal wees om met die regering saam te werk om ʼn volhoubare NGV te ontwikkel, terwyl 34.5% aandui dat hulle nie bereid sal wees om dit te doen nie en ʼn kwart (25.9%) sê dat hulle wel bereid sal wees. Hoewel 42.4% daarmee saamstem dat almal die reg het tot dieselfde gesondheidsorg ongeag die mate waartoe hulle finansieel daartoe kan bydrae, stem 34% nie daarmee saam nie en 20.8% is neutraal hieroor.

Emigrasie

Ek stem saam / I agree

Neutraal / Indifferent

Ek stem nie saam nie / I don't agree

Ek weet nie / I don't know

Ek is reeds besig om stappe te doen om te emigreer weens onder andere die voorgestelde NGV. / Because of the proposed NHI, amongst other factors, I have already taken steps to emigrate . 20.8% 32.0% 35.6% 11.5%

Ekself sal stappe doen om te emigreer wanneer die NGV geïmplementeer word. / I myself will take steps to emigration when the NHI is implemented. 41.6% 21.5% 14.7% 22.3%

Op die vraag of van die respondente reeds besig is om stappe te neem om te emigreer het 20.8% aangedui dat hulle reeds die proses aan die gang gesit het om te kan emigreer. ʼn Verdere 41.6% het gesê dat hulle stappe sal neem om te emigreer wanneer die NGV geïmplementeer word. Daar bestaan dus ʼn moontlikheid dat Suid-Afrika 62.4% van gesondheidsorgwerkers kan verloor. Slegs omtrent 15% is seker daarvan dat hulle nie stappe sal neem om te emigreer wanneer die NGV geïmplementeer word nie.

Page 13: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

12

NGV loodsprojekte is tussen 2012 en 2017 in 11 gesondheidstreke regoor Suid-Afrika uitgerol. Hierdie projekte het ongeveer R4 miljard gekos, en daar is bevind dat geen van die NGV loodsprojekte daartoe bygedra het om gesondheidsorg te verbeter nie. Die hoofredes hiervoor was swak infrastruktuur en toerusting, vakante poste en te min gesondheidsorgwerkers en swak finansiële beplanning. Vyf en vyftig (55) uit 75 mediese praktisyns wat in 17 klinieke diens gelewer het, het aan ʼn studie deelgeneem na afloop van die proeflopie om te bepaal wat hulle ervaringe was. Meer as 60% van hulle was daarvan oortuig dat die NGV nie daartoe in staat sal wees om die kwaliteit van dienslewering te verbeter nie en die meeste van hulle het aangedui dat hulle nie onder die NGV sal wil werk nie9.

Daar is vier faktore wat destabilisering van die gesondheidsorgsektor in Suid-Afrika tot gevolg kan hê6:

• Tekorte aan spesialiste, dokters, verpleegpersoneel en ander gesondheidswerkers. • Finansiële bestuur van die NGV. • Aankope en verspreiding van medisyne en toerusting. • Onderhoud van infrastruktuur en toerusting.

Die media is oor die afgelope jare belaai met berigte oor tekorte aan goed opgeleide personeel, dokters en spesialiste, tekorte aan toerusting, toerusting en infrastruktuur wat nie onderhou word nie en nalatigheidseise van tussen R80.4 tot R98 miljard teenoor die staat vanuit die openbare gesondheidsorgsektor. Dit is ʼn geraamde toename van 33% in die afgelope boekjaar. Hoewel daar aangevoer word dat sommige van die eise korrupsie behels, word dienslewering negatief geraak, veral as die patroon sou toeneem.

Die NGV word nie juis op ʼn stewige fondament opgerig nie. Een van die menigte kwellende vrae is vir wie medici dan gaan werk. Gaan almal in diens van die NGV wees of gaan hulle verpligte kontrakte met die staat moet aangaan?

Amper 90% (88.1%) van die respondente het aangedui dat mediese personeel vir hulleself in privaat praktyke moet kan werk en dat dit hulle eie keuse is vir wie of waar hulle moet werk.

Vir wie moet ʼn gesondheidsorgwerker werk?

Figuur 6 Vir wie moet gesondheidsorgwerkers werk?

Die respondente kon meer as een opsie kies. ʼn Gemiddeld van 34.4% dui aan dat gesondheidsorgwerkers vir ʼn hospitaal, die staat of onafhanklike werkgewers moet werk. Slegs 23.6% het aangedui dat hulle vir ʼn mediese fonds moet werk.

Dit bly egter duidelik uit die kommentaar wat die respondente kon lewer dat dit hulle eie keuse moet wees vir wie of waar hulle wil werk, dat hulle geen politieke inmenging in daardie keuse wil hê nie en dat hulle geensins gedwing of voorgeskryf wil word nie. Hulle voel dat dit hulle eie reg is om te kan kies. Hieronder is sommige van die kommentare gelys:

Mediese fonds / Medical aid fund

Onafhanklike werkgewers / Independentemployers

Staat / State

'n Hospitaal / A hospital

Privaat, eie praktyk / Private, own practice

23.6%

31.4%

35.1%

37.4%

88.1%

Page 14: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

13

• Dit is die dokter se reg om te kies vir wie en waar hy wil werk. • Dit is elkeen se keuse hoe hulle wil werk en moenie gedwing word om vir NGV te werk nie • Dit moet elke dokter se eie keuse wees vir wie en waar hy of sy wil werk. Dit mag nie deur die staat bepaal word

nie. • Doctors should be free of any form of conflict of interest and therefore can only work for themselves I.e.

independently.

Gesondheidsorg krisis?

Byna al die respondente (93.8% - presies dieselfde persentasie as in 2018) is van mening dat daar tans ʼn gesondheidsorgkrisis in Suid-Afrika is. Hulle sien die volgende as die oorsake daarvan:

Figuur 7 Redes vir ʼn gesondheidsorgkrisis

Sonder twyfel blameer 82.5% van die respondente die staatgesondheidsorg vir die gesondheidskrisis in Suid-Afrika, op die oomblik. Slegs 11.9% is van mening dat die privaat sektor die oorsaak daarvan is. Net meer as twee derdes (66.4%) is van mening dat die swak ekonomiese toestande die oorsaak van ʼn krisis is, terwyl 55% sê dat swak werksetiek en praktyke van gesondheidsorgwerkers tot so krisis bydra.

Byna die helfte (49.7%) dui aan dat Suid-Afrika se groot siektelas en gesondheidsrisikos binne die samelewing tot die probleme bydra. Slegs 29.7% van gesondheidsorgwerkers is van mening dat mediese fondse tot die gesondheidsorg krisis bydra en 11.9% dink dat privaat gesondheidsorg daartoe bydra.

Wat van die respondente oor die staat as oorsaak van die krisis te sê het:

Swak bestuur: Menigte respondente beskryf die swak bestuur en administrasie van die openbare gesondheidsorgsektor. Hulle meld swak aanstellings wat op BEE beginsels gebaseer is, swak sin vir verantwoordelikheid, swak besteding van die begroting en swak beplanning van vele fasette van gesondheidsorg waaronder swak bestuur en implementering van beleide en verkeerde doelwitte met opleiding. Hulle is van mening dat die regering en die ANC onbevoeg, onkundig en oningelig is. Die wanbestuur en onproduktiwiteit word direk deur hulle veroorsaak en die regering kan nie die openbare gesondheidsorgstelsel, infrastruktuur en toerusting in stand hou nie. Die respondente verwys ook na die onbevoegdheid van die bestuurders en besluitnemers wat nie genoegsame kennis het nie. Die respondente beskryf ook politieke inmenging in hospitaal administrasie en oorweldigende administratiewe rompslomp wat dit moeilik maak vir gesondheidsorg personeel om hulle werk effektief te doen. Daar is verder melding van swak dissipline, aanstellings van onbekwame personeel Baie noem dat die staat medies soos voor 1994 eers herstel en goed bestuur moet word voordat die regering kan oorweeg om die NGV te implementeer.

Privaat gesondheidsorg / Private Healthcare

Mediese fondse / Medical schemes

Groot siektelas en gesondheisrisikos binne die samelewing / Hugeburden of disease in South Africa

Swak werksetiek en praktyke van gesondheidsorgwerkers / Poorworkperformance of health care workers

Swak ekonomiese toestande / Poor economical situation

Staatsgesondheidsorg / State healthcare

11.9%

29.7%

49.7%

55.0%

66.4%

82.5%

Page 15: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

14

• Bad administration of the state run health care system • Bad regulation of budget allocated to healthcare • Die onbevoegdheid van die huidige regering • Die regering se onvermoë om staatshospitale en klinieke in stand te hou. • Government incapable of utilising tax payers' money wisely and correctly where healthcare is concerned

Page 16: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

15

Korrupsie

Vele vorme van korrupsie word beskryf. Hulle verwys na diefstal, wanaanwending van fondse, plundery, stakings en geen sin van verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid nie.

• Diefstal deur die staat en staatsgesondheidswerkers • Government corruption and mismanagement and tender corruption • Lack of funding by government, incorrect placement of funds - ones pocket is not part of the healthcare system • Mismanagement, theft and fraud • Pervasive incompetence, maladministration and corruption in state healthcare departments are the primary reasons for the

dismal healthcare provision for the majority of South Africans

Page 17: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

16

Hoe voorbereid praktyke is om die NGV doelwitte te akkommodeer

Figuur 8 Tot welke mate NGV doelwitte geakkommodeer kan word

Daar gaan van mediese praktyke, klinieke en hospitale verwag word om gelyke gesondheidsorg aan almal te bied. Geen betaling sal verwag word van pasiënte wat by praktyke, klinieke of hospitale opdaag vir hulp nie en geen bybetalings vir enige diens sal gehef word nie7. As gevolg daarvan word daar verwag dat die privaat mediese sektore in Suid-Afrika baie nadelig geraak kan word en dat die NGV ook baie skadelik vir die ekonomie as geheel kan wees6.

Dit blyk dat die respondente grootliks nie gerat is om die NGV-doelwitte te kan akkommodeer nie. Hoewel byna ʼn derde van die respondente (28.2%) aandui dat hulle wel die kennis en vaardighede ten opsigte van voorkomende gesondheid het en 28.4% aandui dat hulle kennis en vaardighede in verband met gemeenskap gesondheidsorg het om die NGV te akkommodeer, noem slegs 20.9% dat hulle die administratiewe kennis en vaardighede het en 10.8% dat

Infrastruktuur / Infrastructure

Ondersteuningspersoneel / Support staff

My beskikbare tyd / My available time

Kennis en vaardighede ten opsigte van voorkomendegesondheidsorg / Knowledge and skills regarding preventative

health care

Kennis en vaardighede ten opsigte vangemeenskapsgesondheidsorg / Knowledge and skills regarding

community health care

Administratiewe kennis en vaardighede / Administrativeknowledge and skills

Moontlike laer tariewe per pasiënt soos deur die staat vasgestel /Possible reduced tariffs per patient as determined by the state

36.2%

40.4%

38.3%

25.2%

25.8%

31.3%

48.4%

19.1%

20.1%

24.2%

20.4%

22.9%

17.9%

16.0%

34.0%

32.4%

30.1%

26.3%

26.9%

30.0%

29.1%

10.8%

7.2%

7.5%

28.2%

24.4%

20.9%

6.5%

Akkomodeerbaar volgens die NGV-doelwitte / Can be accommodated in terms of NHI goals

Onseker / Uncertain

In 'n mate akkommodeerbaar vlg. NGV-doelwitte / Can be accommodated to some extent in terms of NHI

Kan geensins akkommodeer vlg. NGV-doelwitte nie /Cannot accommodate at all in terms of NHI goals

Page 18: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

17

hulle die infrastruktuur het. Baie min (7.5%) dink dat hulle beskikbare tyd sal hê om die NGV te akkommodeer en net 7.2% is van mening dat hulle voldoende administratiewe personeel gaan hê. Slegs 6.5% voel dat hulle moontlike laer tariewe sal kan aanvaar.

Die meeste respondente is onseker is oor hoe voorbereid hulle tans is om die NGV-doelwitte te kan akkommodeer, juis omdat daar nie duidelike feite bekend gemaak is oor watter uitwerking die NGV op praktyke, klinieke en hospitale gaan hê nie.

Kommentaar en voorstelle

Die meeste van die respondente (61.6%), het kommentaar en voorstelle gelewer. Hulle het die volgende te sê gehad:

Die NGV sal ʼn ramp wees en die hele gesondheidsorgstelsel sal in duie stort

Die meeste van die respondente se kommentaar behels die opinie dat die voorgestelde NGV nie sal kan werk nie. Hulle voel dit is nie volhoubaar nie en voer aan dat nasionale gesondheidsorg nie eers in eerste wêreld lande effektief werk nie. Volgens hulle kan ʼn eerste wêreld konsep nie in ʼn derde wêreld land soos Suid-Afrika toegepas word nie. Die hoofrede daarvoor volgens die respondente is die slegte ekonomiese situasie van die land en die feit dat daar ʼn klein hoeveelheid belastingbetalers is wat die hoë onkostes van die NGV sal moet dra teenoor menigte werkloses wat geen bydra sal kan lewer nie. Volgens een respondent sal die monitêre kostes van die NGV, die finansiële probleme van ESKOM, SAL en Prasa soos vulletjies laat lyk. Daar is volgens hulle eenvoudig nie genoeg fondse, personeel, infrastruktuur en kundigheid nie.

Daarby is hulle van mening dat ʼn geforseerde NGV die privaat gesondheidsorg mark kan verarm. Volgens hulle sal dit die einde van entrepreneurskap in die mediese bedryf beteken. Suid-Afrika het meer ekonomiese vryheid nodig en nie minder nie. Soos een respondent dit stel, dit is nie die mediese rykdom wat verdeel gaan word en vir almal beskikbaar gaan wees nie, maar die mediese armoede wat versprei gaan word. Die gehalte van mediese sorg soos wat nou in die privaatsektor gebied word, sal nie onder die NGV volgehou kan word nie. Die openbare gesondheidsorg stelsel soos wat dit voor 1994 bestaan het, kon nie in stand gehou word nie en daar kon nie effektief op voortgebou en uitgebou word nie. Tans is die infrastruktuur en sorg wat in staat hospitale en klinieke gebied word van baie swak gehalte en dit laat mense wonder hoe die regering gesondheidsorg van hoë kwaliteit aan die hele Suid-Afrika sal kan bied. Volgens hulle is dit onmoontlik om te verwag dat almal kwaliteit mediese sorg verniet moet kan kry. Hulle dink die voorgestelde NGV is tydmors en dat dit nie van die grond af sal kan kom nie.

Hulle voorspel dat gesondheidsorgwerkers nie in hierdie omstandighede sal werk nie en eenvoudig sal emigreer of die beroep sal verlaat.

• Die NGV is sekerlik DIE slegste ding wat kan gebeur vir mense van die land, mediese fondse, pensionarisse, privaat hospitale en veral die ekonomie. Die infrastruktuur van die Staat hospitale is so pateties, dat die mense wat wel daarvan gebruik maak, nie eers behoorlike sorg en toegang het tot gesondheid sorg nie, wat nog te se van die hele Suid Afrika??? Regtig? Dis die mees domste besluit om te implementeer OOIT!!

• Daar is geen manier wat meeste van goeie gesondheidswerkers onder hierdie NHI omstandighede gaan kan werk nie. Onder mekaar hoor jy hoe dokters en verpleegkundiges planne maak om te emigreer.

• Die blote feit dat die NGV grotendeels deur die huidige mediese skema lede befonds moet word en die gehalte van diens waaraan ons in die privaatsektor gewoond is nie volgehou sal kan word nie, is nie regverdig teenoor huidige mediese gaan nie werk nie.

• This will never work. It is not fair for people who work hard their entire lives to pay for medical insurance, to receive the same standard of care as someone who does not work for it at all.

• Worst idea ever to implement NHI in an already financially strained and over taxed society with a truly corrupt corrupt government managing it.

Die hele gesondheidsorg stelsel in Suid-Afrika kan vernietig word deur die implementering van die NGV

Page 19: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

18

Die respondente is verder van mening dat die implementering van die NGV sal veroorsaak dat die hele gesondheidsorg stelsel in Suid-Afrika (wat reeds in krisis is en wankelrig is) in duie sal stort en vernietig sal word. Hulle gaan so ver om te sê dat dit die grootste “ramp” en “tragedie” sal wees wat ons land nog getref het en dat dit Suid-Afrika se ondergang sal beteken. Dit sal volgens hulle ʼn groot krisis in die land veroorsaak en weer ʼn gemors veroorsaak soos wat die geval is met ander staatsbeheerde instansies en verder die land nog dieper in bankrotskap dompel en die ekonomie verkruppel.

• As die staat hierdie implementeer sal die hele gesondheidstelsel in duie stort. Beide publiek en privaat sorg sal nog verder agteruit gaan, die kruis subsidie van publiek na die staat sal net beteken dat die privaat sorg agterweë gelaat word aangesien die pasiënte se reg tot keuse sal beïnvloed word.

• If implemented will be the biggest disaster for the country as not only will doctors leave but all financially active people anxious about their families future health security.

• Disaster awaits the health care system in SA • Dit gaan n groot krisis in die land veroorsaak. Daar is nie eens genoeg beddens in privaat hospitale om pasiënte te

akkommodeer nie om nog minder te praat van genoegsame en vaardige personeel • Doomed to failure like their trial projects in Western Cape

Die regering se bestuursprobleme

Een van die redes wat die meeste aangevoer word as oorsaak waarom die NGV nie sal kan werk nie, is omdat die regering verskeie aspekte van die voorgestelde NGV nie sal kan bestuur nie. Hierdie opinie word gebaseer op die feit dat die regering en die Departement van Gesondheid nie die huidige openbare gesondheidstelsel in stand en in ʼn goeie werkende toestand kan hou nie. Verder het die regering ook volgens hulle bewys dat hy geen staatsbeheerde instelling behoorlik kan administreer en reguleer nie. Volgens sommige respondente was staatshospitale en gesondheidsorg in die openbare sektor net so goed en effektief of selfs beter as private instelling. Tans word finansies vermors en wanbestuur en is daar ʼn tekort aan personeel, toerusting en medikasie by baie staatsinstellings. Dit is wat bydra tot die opinie dat die staat nie bevoeg is om gesondheidsorg effektief te kan bestuur en in stand te hou nie.

• Die staat het telkemale bewys, op verskeie vlakke, dat hulle nie die vermoë het om die mense eerste te stel nie en nog minder met geld te kan werk nie. Vir hulle is daar geen verskil tussen R1 en R1 miljoen nie. Dit word ewe vinnig verkwansel. Die staatshospitale se probleem is nie hoofsaaklik infrastruktuur nie, maar swak bestuur.

• Great in theory, but already struggling to cope with present burden. What are the real costs and who takes responsibility? How can the state dictate and control NHI and still have oversight of processes?

• I will not support the NHI until the government has demonstrated they can run such enormously expensive and complicated systems by fixing and sustaining SOEs such as Eskom, SAA, SABC. If they cannot, the NHI will devastate private healthcare, be unable to replace it with a viable alternative, and bankrupt the country.

• Die Staat kan tans nie eers 'n stukkende venster by 'n hospitaal regmaak, die gras sny of die fasiliteite net netjies en skoon hou nie, hoe wil hulle iets ingewikkeld soos 'n volle NVG doeltreffend en effektief implementeer?

• Local clinics have no medicines, bad service, rude and disrespectful SISTERS. Staff shouting at patients and parents and telling them how bad they are. In clinic mothers sit fro 04:00 till late and at end of day after been shouted at and ridiculed are told their is no stock. No linen on beds, some beds have no mattresses. At local hospital people sit in casualty for days before they are admitted often not recieving treatment. In wards patients take own bedding, pillows and family bring food from home for patients. Often staff are neglecting their patients and are sitting and working on their studies instead.

Page 20: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

19

Te veel korrupsie

Die respondente vertrou geensins die regering om die NGV eties en betroubaar op die been te bring en te bestuur nie. Baie respondente is van mening dat die regering maklik die NGV fondse sal kan bekom vir selfverryking, misbruik en wanbesteding.

• Hier is massiewe potensiaal vir korrupsie • Korrupsie kan nie omgekeer word deur beter befondsing nie. Gewoonlik is die teenoorgestelde dan die gevolg. Die NVG se

kruks gaan oor meer geld vir die reeds korrupte staatsdiens se nasionale gesondheidstelsel. Deur 'n goeie kwaliteit gesondheidstelsel in privaat te kniehalter, gaan ons kwaliteit sorg oor die algemeen net swakker raak.

• Leave it as it is. Its just an excuse for government to steal more money. And now people who are literally working just so that they can have their family on medical aid are foing to suffer and probably die in an attempt to get medical help due to race tensions in the country.

• How fair will this system really be or will it just be another way for corrupt politicians to steal money from the people of South Africa?

• Soos alles waar die regering betrokke is, as daar ‘n poel geld is, gaan daar korrupsie en self veryking wees en die fondse sal lêk-lêk by die doeleinde uitkom waarvoor dit bedoel is!

Die belastinglas is te groot

Die volgende rede wat die respondente voel aanleiding daartoe gaan gee dat die NGV nie gaan werk nie, is die feit dat daar te min belastingbetalers en te veel werkloses is Suid-Afrika is. Volgens hulle is die middelklas reeds oorbelas en sal nie die hewige las van die NGV ook nog kan absorbeer nie. Hulle sê verder dat dit baie onregverdig is om dit van so klein hoeveelheid mense te verwag. Dit is ook grootliks die mense wat nou lede van mediese fondse is en wat betaal vir goeie kwaliteit medies, wat vir die NGV gaan betaal en baie swakker kwaliteit mediese voordele gaan kry.

• Ek is ʼn spesialis chirurg en goed bekend met gesondheidsbedryf. Moderne medisyne en tegnologie is duur. Minder as 10 miljoen belastingbetalers kan nie moderne medisynesorg vir 55miljoen mense koop nie. Dis onmoontlik enige plek in wêreld. NVG beteken dat niemand goeie moderne sorg sal kry nie. Dokters onder NGV sal ʼn soort van dwangarbeid verrig. Vvg gaan groot emigrasie van professionele en besigheidsmense tot gevolg het, as ʼn mens nie vir jou kinders of geliefdes goeie sorg kan koop nie gee ʼn mens pad.

• Die wêreld het bewys dat nasionale gesondheidsorg versekering nie haalbaar is nie, allermins in 'n land waar die belastingbetalers net sowat 5% van die bevolking uitmaak en reeds oorbelas is soos dit huidig is.

• Daar is reeds 'n NVG in SA, die 16% van die bevolking wat self met na-belaste geld vir hul privaat medies betaal, betaal ook 80% plus van die land se belasting sodat die ander 84% van die bevolking by die Staatsfasiliteite gehelp kan word.

• In n land waar die werkloosheidsyfer laer is, waar die persentasie populasie wat belasting betaal hoër is en waar daar effektiewe bestuur en genoegsame kennis en vaardighede van top struktuur is sal die NGV werk. In SA.... Nee....

• The tax paying portion of the population cannot fund the rest of the country.

Voorstelle Die respondente sê dat die huidige openbare gesondheidsorg stelsel eers herstel en opgeknap moet word alvorens die NGV geïmplementeer kan word. Verder is daar groot en uitdagende probleme soos werkloosheid, die swak ekonomiese toestand en ʼn tekort aan belastingbetalers waaraan eers aandag geskenk sal moet word.

Die respondente veroordeel ook die staat omdat hulle inmeng en die publiek sowel as gesondheidsorg werkers se vrye keuses wil inperk en beheer. Depolitisering en privatisering van gesondheidsorg in plaas van die totale oorneem en inmeng daarvan deur die staat, word voorgestel.

Beter bestuur, beter opleidingskolleges en beter beheer dat daar nie soveel buitelanders is wat die openbare gesondheidstelsel gebruik nie, is ook van die voorstelle wat gemaak word.

Die respondente is verder bekommerd daaroor dat as hulle nie kontakte of bande met die ANC het nie, hulle nie as praktisyn by die NGV geakkrediteer sal kan word nie. Etiese besluitnemers en bestuurders moet bewys dat korrupsie, nepotisme en diskriminasie uit die weg geruim word voordat praktisyns vertroue in die stelsel en die voorgestelde NGV sal hê en hulle volle samewerking en ondersteuning sal bied.

Page 21: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

20

Sommiges stel voor dat die implementering van die huidige NGV planne uitgestel moet word en dat daar ʼn nuwe voorstel ontwerp moet word wat alle insette en voorstelle in ag neem en waar staat en privaat gesondheidsorg aanvullend tot mekaar ontwikkel kan word.

• Need to decrease unemployment: increase the tax base and fix state sector before intefering with private practice and medical schemes. Anything short of this will result in professional emigration which will decrease taxes collected, decrease numbers of medical professionals and result in a worse situation wrt of delivery of health care to all. Health care / NHI is not an ANC political tool to be used as a means of garnering more votes while all it is in real terms is a pot of money for greedy hands to dip into.

• DIE STAAT MOET OPHOU INMENG EN ONS ALMAL PROBEER REGEER! • Privatiseer gesondheidsorg dit sal goedkoper en meer effektief wees. Die staat weet nie wat gesondheidsorg hul werklik kos

nie, aangesien verskillende departemente betrokke is en nie net die dept van gesondheid nie • Daar moet 'n hele nuwe stelsel ontwikkel word sodat privaat gesondheidsorg en staat gesondheidsorg aanvullend tot mekaar

kan dienslewer om die hele bevolking te kan bedien • ... the only way it can be implemented would be by following a non-democratic, communistic methodology where the voices of

the people are silenced and the state has all the say... This can only lead to anarchy and a degradation of the existing health services. The NHI can only work in SA when the country is corruption free, the system allows medical aids to continue operating and place those who are dependent on the state on a state medical aid that operates on the same principles as other medical aids but are subsidised by the state. The NHI should be the over-arching health system of the country but must allow flexibility in terms of choice of health care provider, payment options and monitary contributions to the system.

• Put COMPETENT people in charge even if they be white. Make ALL government health care workers, doctors included, ACCOUNTABLE for their poor work ethics and FIRE all dead wood. Spend money allocated to health care sector by government as it should be and stop making stupid pie in the sky promises that you KNOW won’t work. Nothing this government ever implemented worked. Only their bank accounts got bloated and the Guptas are safely out of South Africa!

Page 22: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

21

Hoewel die meeste respondente daarmee sal saamstem dat gesondheidsorg in Suid-Afrika meer toeganklik, van hoër kwaliteit en goedkoper vir almal moet wees, is daar rooi ligte, onsekerheid en knelpunte rondom die voorgestelde NGV.

Die meerderheid van die respondente (41,1%) is in hul eie praktyke werksaam. Daarby is 39,1% in privaat hospitale werksaam en slegs 9,2% in staatshospitale. Dit wil voorkom asof gesondheidsorgwerkers meer ingelig sowel as meer uitgesproke oor die NGV is. Hoe meer kennis hulle daaroor inwin, hoe groter die negatiwiteit en skeptisisme.

Gevolglik is daar ook baie meer respondente as in die 2018-studie wat bekommerd is oor die vermoë van die staat om die NGV te bestuur en te administreer. Hulle is dus ook baie meer bekommerd en skepties oor die inmenging van die staat in terme daarvan dat die staat aan hulle kan voorskryf wat hulle tariewe, protokolle en plek van werk moet wees, en dat hierdie maatreëls afgedwing kan word. Hulle is baie meer bekommerd oor die feit dat hulle eie keuses ten opsigte van behandeling, pasiëntlading en medikasie beperk kan word en dat hulleself en hulle pasiënte nie ʼn keuse gaan hê of hulle aan die NGV wil behoort of daartoe wil bydra of nie.

Daar heers groot kommer oor ʼn tekort aan gesondheidsorgwerkers, veral gesien in die lig daarvan dat 20,8% van die respondente aandui dat hulle reeds stappe gedoen het om te emigreer, en dat ʼn verdere 41,6% dit sal oorweeg om te emigreer wanneer die NGV geïmplementeer word. Die meeste van die respondente (88,7%) is daarvan oortuig dat die implementering van die NGV daartoe aanleiding sal gee dat gesondheidsorgwerkers die land of hul beroepe sal verlaat. Slegs ʼn kwart van die respondente gee te kenne dat hulle bereid sal wees om met die regering saam te werk om ʼn volhoubare NGV te ontwikkel.

Slegs 15% van die respondente is van mening dat die NGV suksesvol geïmplementeer kan word, en 84,5% glo dat die NGV die potensiaal het om die gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika te destabiliseer.

Die meeste glo ook dat die NGV nie dienslewering of die huidige gesondheidsorgsektor sal verbeter nie. Hulle is ook van mening dat die NGV nie daartoe aanleiding sal gee dat alle Suid-Afrikaners toegang tot kwaliteit en bekostigbare gesondheidsorg sal hê nie.

Ten spyte daarvan dat die loodsprojekte nie geslaag het nie, dat daar vanuit alle oorde binne die gesondheidsorgsektor kritiek gelewer word en bekommernisse uitgespreek word, gaan die regering voort met die implementering van die NGV. Sommige kommentare en voorstelle word gerieflikheidshalwe geïgnoreer sodat die ideologies gedrewe planne polities gestoomroller kan word. As die gesondheid van die publiek die regering se eerste prioriteit was, sou hulle sekerlik die beplanning van die NGV met die grootste mate van presiesheid en oorweging van talle opsies en voorstelle pynlik versigtig van stapel gestuur het. In ʼn reeds sukkelende gesondheidsorgstelsel en wankelende ekonomie word daar onverantwoordelik en ondeurdag met die beplanning van die NGV omgegaan.

Solidariteit lewer fel kritiek op en teenstand teen die nasionalisering en staatsinmening van en beheer oor Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel.

Samevatting

Page 23: Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie …...1 Gesondheidsorgwerkers se kennis, insig en opinie van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering N. Welthagen SNI Oktober

22

Bronne

1. Mitchley, A. 29 June 2016. News 24. NHI compulsory for all South Africans – Motsoaledi. Verkry vanaf https://www.news24.com/SouthAfrica/News/nhi-compulsory-for-all-south-africans-motsoaledi-20170629.

2. Erasmus, S. 7 July 2017. Fin 24. NHI and your medical scheme: as clear as mud. Verkry vanaf https://www.fin24.com/Money/Health/nhi-and-your-medical-scheme-as-clear-as-mud-20170707.

3. Kahn, T. 22 June 2018. Business Live Premium. Disputed health bills head for heated debate. Verkry vanaf https://www.businesslive.co.za/bd/national/health/2018-06-22-disputed-health-bills-head-for-heated-debate/).

4. Rakabe, E. 26 June 2018. Businesslive. Challenges facing healthcare system are structural rather than clinical. Verkry vanaf https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2018-06-26-challenges-facing-healthcare-system-are-structural-rather-than-clinical/.

5. Cullinan, K. 20 June 2018. Health e-news. Massive shake-up of health laws ahead of NHI. Verkry vanaf https://www.health-e.org.za/2018/06/20/massive-shake-up-of-health-laws-ahead-of-nhi/.

6. Chowles, T. 5 March 2018. Ehealthnews. What the 2018 National Budget Means for the Health Sector. Verkry vanaf http://ehealthnews.co.za/2018-national-budget-means-health-sector/.

7. Omarjee, L. 22 June 2018. Fin24. 6 ways the NHI bill will affect consumers' pockets. Verkry vanaf

https://www.fin24.com/Economy/6-ways-the-nhi-bill-will-affect-consumers-pockets-20180622. 8. Green, A. 12 July 2017. Medical Brief. Not even its supporters agree on what NHI means for private health. Verkry

vanaf https://www.medicalbrief.co.za/archives/not-even-supporters-agree-nhi-means-private-health/. 9. Health Systems Trust. July 2019. Evaluation of Phase 1 implementation of interventions in the National Health

Insurance (NHI) pilot districts in South Africa, Evaluation Report, Final. NDOH10/2017-2018. Verkry vanaf https://www.hst.org.za/publications/NonHST%20Publications/nhi_evaluation_report_final_14%2007%202019.pdf